Maklik, goedkoop en selfs die perfekte geskenk!

Benodigdhede

- Ou terracotta-plantpotte of selfs blikke

- Katoen-oorskietlappies

- Podge (te kry by stokperdjie- en meeste verfwinkels)

- Handwerkkwas

FOTO SARIE argief

Aanwysings

Was die houers in warm water en laat goed droog word. Plaas koerantpapier op jou werkvlak. Knip die lappies in smal stroke. Neem een vir een en verf 'n dik laag podge oor. Plak rondom die buitekant van die pot in rye wat oorvleuel. (Laat die dreineringsgate in die bodem oop.) Vryf die lappies met jou vingers glad om enige blase te verwyder. Verf nog 'n laag podge oor en laat heeltemal droog word. Was jou kwas agterna in koue water.