Brei só: Heg aan 16 steke. 1ste ry: Brei 16 steke aweregs.

2de ry: Brei 16 steke regs.

3de tot 28ste ry: Brei soos 1ste en 2de ry tot bol wol klaar is en heg af.

Voltooide grootte: 1 bol wol brei ’n kombers van sowat 100 x 130 cm.

Kniekombers Benodigdhede: Bestel die volledige pakket by order.mooo@gmail.com: 1 paar dik sirkel-breipenne; 3 kg-bol handgespinde merinowol: R2 110 vir die natuurlike kleur; R3 350 vir handgekleurde wol. Ingesluit by die pakket is aanwysings hoe om die kombers skoon te maak, asook hoe jy viltwerk doen. Ekstra wol kan bestel word vir groter komberse.

Besoek Mooo Wool by @mooowool op Facebook en mooo_wool op Instagram of kontak order.mooo@gmail.com