Daar is nou 'n behoorlike byt in die lug, maar ons het wenke om jou huis snoesiger te maak.

FOTO Getty Images/ Gallo Images


1. Pak 'n klomp kerse in 'n groep op verkieslik 'n koperskinkbord. Die gloed sal 'n knus gevoel skep en jou sommer dadelik warmer laat voel.

2. Pleks van 'n verwarmer wat krag vreet, gee vir elkeen in die gesin 'n snoesige kombers en warmwatersak.

3. Skaf nuwe strooikussings aan in warm kleure of teksture soos fluweel. As die somer kom, kan jy hulle weer vervang met die somerkussings.

4. Maak jou bed knus op. Belê in 'n kunspelsdeken, wat dadelik winterwarmte spel. Gebruik winterlakens en koop warm pantoffels.

5. Pak jou kaggelhout in mooi mandjies wat jy weerskante van die kaggel hou.