Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Mahlangu, Kruger in SA span

’n Groep van 26 atlete (18 mans, 8 vroue) sal Suid-Afrika by die Para-wêreldbyeenkoms verteenwoordig.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Dinsdag die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) se Paralimpiese silwermedaljewenner, Ntando Mahlangu, asook die Hoërskool Garsfontein se Simoné Kruger in sy span gelys, wat sake van 7 tot 15 November in Dubai sal uitspook.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool se lemnaeler Ntando Mahlangu sal in November saam met die SA span aan die Wêreld-parakampioenskap in Dubai deelneem. Foto: Frans Lombard

Dié span kort geen ervaring nie, met ’n rits Paralimpiese medaljewenners in sy geledere.

Die viermalige Paralimpiese kampioen Hilton Langenhoven (F12), sowel as Charl du Toit (T37), wat in 2016 in Rio de Janeiro twee keer op die boonste trap van die podium gestaan het, sal van die opwindendste atlete wees in die span.

Dan verdien die 48-jarige spiesgooier Zanele Situ (F54), wat in 2004 in Athene en in 2000 in Sydney goud verower het by die Paralimpiese Spele, ook vermelding.

Maar dis Mahlangu (17) en Kruger (14) wat gerus fyn dopgehou kan word, nadat hulle tot dusver vanjaar uitstekende uitslae op die atletiekbaan behaal het.

Mahlangu, ’n lemnaelloper, het in Augustus by die Junior Para-wêreldatletiekbyeenkoms in Nottwil in Switserland sy eie wêreldrekord in die 200 m vir atlete in die T61-kategorie verbeter.

Kruger, nou eers in graad 8, het in Maart by die Coetzenburg-stadion in Stellenbosch die seniors se wêreldrekord in die diskus in die F38-afdeling by die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap vir atlete met fisieke en siggestremdhede (SASAPD) verbeter.

Sy het haar eie rekord in September weer oortref, maar dié keer was dit ’n nie-amptelike uitslag tydens ’n AGN-ligabyeenkoms.

Atlete sal almal topvier-plekke in Dubai in hul visier hê, want dít sal hulle outomaties vir die Paralimpiese Spele volgende jaar in Tokio laat kwalifiseer.

Gideon Sam, Saskok se president, is oortuig dié span sal ’n groot indruk maak.

“Ek is vol vertroue dat die gekose span ’n sterk een is wat uitsonderlik sal presteer en ons reputasie gestand sal doen,” het Sam in ’n verklaring gesê.

“Aangesien dié ’n belangrike byeenkoms is met betrekking tot kwalifisering vir die Paralimpiese Spele in Tokio, kan ons die atlete net sterkte toewens.”

Suid-Afrika het in 2017 in Londen tiende op die medaljelys geëindig, nadat hy 15 keer op die podium gestaan het, maar sal vanjaar nóg hoër mik.

Die span is:

Mans: Ntando Mahlangu, Reinhardt Hamman, Charl du Toit, Ndodomzi Ntutu, Mpumelelo Mhlongo, Dyan Buis, Hilton Langenhoven, Hermanus Blom, Brandon Beack, Kerwin Noemdo, Jaco Smit, Rouvaun Wallace, Union Sekailwe, Obed Lekhehle, Daniel du Plessis, Chane Hendriks, Tyrone Pillay, Estian Badenhorst.

Vroue: Anrune Weyers, Simoné Kruger, Ntombizanele Situ, Louzanne Coetzee, Sheryl James, Johanna Pretorius, Liezel Gouws, Mandilene Hoffmann.


Meer oor:  Ntando Mahlangu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.