Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
2 sekondes skei voorstes in Boston

Twee sekondes het Maandag die wenner en naaswenner in die Boston-marathon geskei. Die Keniane Lawrence Cherono en Kenneth Kipkemoi en die Ethiopiër Lelisa Desisa het die laaste kilometer sy aan sy gehardloop en die arms met mening gepomp, maar uiteindelik was dit Cherono wat net-net genoeg petrol in die tenk gehad het vir ’n naelloop na die eindstreep.

Hy het in 2 uur 7 minute 57 sekondes gewen, met Desisa tweede in 2:07:59 en Kipkemoi derde in 2:08:06.

Lawrence Cherono van Kenia steek Maandag die eindstreep oor in die Boston-marathon met Lelisa Desisa van Ethiopië kort op sy hakke. Foto: AP
Die Ethiopiër Worknesh Degefa net nadat sy gewen het. Foto: USA Today Sport

In die vrouewedloop was daar uit die staanspoor geen onsekerheid oor wie die nuwe kampioen sou wees nie. Ook in dié afdeling was dit ’n stryd tussen Ethiopië en Kenia. Die Ethiopiër Worknesh Degefa het gemaklik in 2:23:30 gewen al was dit maar haar vierde marathon. Die Keniaanse veteraan Edna Kiplagat was tweede in 2:24:14 en die Amerikaner Jordan Hasay derde in 2:25:21.

Desiree Linden van Amerika, die verdedigende kampioen, het vyfde geëindig in 2:27:00.

In die rolstoelafdeling het ’n jong Turk gewys die toekoms van dié sport is blink.

Die 20-jarige Daniel Romanchuk van Urbana, Illinois, het groot kanonne in die stof laat byt.

Hy het met sy oorwinning in 1:21:36 die jongste wenner nog van dié rolstoel-marathon geword en sy tyd was ook die vinnigste deur ’n Amerikaner.

Daniel Romanchuk van Amerika het gesoute veterane uitgestof om die rolstoelafdeling te wen. Foto: Reuters
Manuela Schar van Switserland het die vroue se rolstoelafdeling oorheers. Foto: Reuters

Die 46-jarige Suid-Afrikaner Ernst van Dyk het in sy 20ste deelname vyfde geëindig in 1:27:23.

Die Switser Marcel Hug het na sy vyfde agtereenvolgende oorwinning gemik, maar moes in 1:26:42 met die derde plek tevrede wees ná die Japanner Masazumi Soejima (1:24:30). Die Amerikaner Aaron Pike was vierde in 1:27:09.

Ook in die vroue se rolstoelafdeling is ’n nuwe kampioen gekroon. Manuela Schar van Switserland het verskeie mans verbygesteek. Toe sy die eindstreep in 1:34:19 oorsteek, was daar nog geen teken van die naaswenner nie.

Die Amerikaner Tatyana Mcfadden, verdedigende kampioen, het sewe minute later eers klaargemaak (1:41:35), met die Australiër Madison de Rozario derde in 1:41:36.

Dit was Schar se tweede titel in Boston.

Die Londense marathon word op 28 April beslis.

Meer oor:  Marathon  |  Ernst Van Dyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.