Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Aanslag kom in Baai op 50 km-wêreldrekord
Nick Bester van Nedbank se hardloop-klub. Foto: Gallo Images

Die Oostelike Provinsie sal op 23 Mei gasheer speel vir ’n ultramarathon waarin ’n aanslag op die 50 km-wêreldrekord gemaak sal word.

Die Nedbank Runified: Breaking Barriers-wedloop sal ’n eksklusiewe geleentheid vir die voorste Suid-Afrikaanse langasems wees en sal spog met bronsstatus, wat deur die Vereniging van Ultra-hardlopers (AIU) toegeken is.

Net twee ander ultramarathons in Suid-Afrika, die Comrades en die Twee Oseane, is al voorheen met dié status bekroon.

“Ons is opgewonde daaroor om in 2021 nuwe lewe aan hardloop-nommers te gee en te sien dat die harde werk van ons atlete in hierdie opwindende wedloop vrugte afwerp,” het Nick Bester, nasionale bestuurder van Nedbank se hardloopklub, gesê.

“Ons sien uit dat die atlete grense verskuif en wêreldrekords opstel.”

Nedbank het in 2020 ’n virtuele wedloopreeks geskep nadat die nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie maande lank veroorsaak het dat atlete aan geen byeenkomste kon deelneem nie.

Atlete kon toe in hul eie omgewings op hul eie hardloop met hul tye wat dan aangeteken is.

Die Nedbank Runified-reeks, soos dit gedoop is, het vinnig gegroei tot Afrika se grootste virtuele massadeelname-wedloop, met Nedbank se hardloop-klub wat boonop die grootste virtuele hardloop-klub op die kontinent geword het.

Die nuwe reeks sal in Junie 2021 wegspring en ’n nuwe geleentheid bied vir deelnemers landwyd om interaktief te verkeer.

Nedbank sê verder dat die Covid-19-pandemie en daaropvolgende inperkings daartoe gelei het dat entrepreneurs en klein ondernemings veral swaar trek en nou hard aan die werk is om te herbou.

Nedbank sal boonop naamregte vir die wedloop aan 35 klein ondernemings en entrepreneurs gee, wat hulle die geleentheid sal bied om waardevolle blootstelling te kry en sodoende weer op hul voete te kom.

Deur middel van ’n vennootskap met die SAUK, insluitend blootstelling op sosiale media op Nedbank se platforms, tesame met gratis advertensieregte, sal klein ondernemings en entrepreneurs ’n platform hê om nasionale blootstelling vir hul ondernemings te kry.

Dié SAUK sal die 50 km-wedloop beeldsend.

Meer oor:  Nick Bester  |  Oostelike Provinsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.