Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Akani Simbine eindig vyfde in België

Die 100 m-blits Akani Simbine kon nie Vrydagaand nog vreugde behaal vir Suid-Afrika in die Diamantliga-reeks se eindronde in Brussel, België nie.

Michael Rodgers (links) en Ronnie Baker (middel) van die VSA het verskeie kere vanjaar hakskene gewys vir Akani Simbine (regs) in die Diamantliga-reeks. Foto: Getty Images

Hy was vyfde in 10.03 sekondes.

Die Amerikaner Christian Coleman het die wenstreep in 9.79 oorgesteek. Dit is die sewende vinnigste tyd ooit en die vinnigste in 2018.

Ronnie Baker was tweede in 9.93.

Simbine sal na alle waarskynlikheid terugkyk ná die seisoen waar hy langs meeste van sy doelwitte steeds regmerkies kon maak.

Die Suid-Afrikaner het in April sy eerste groot internasionale medalje verower toe hy die wenstreep eerste oorgesteek het op die Statebondspele in Australië se Goudkus.

Hy het dit in Augustus opvolg met die goue medalje op die Afrika-kampioenskappe waar hy ook uitgetroon het.

Maar hy het eers laat in die jaar vlam gevat wat sy tye betref, hoewel hy drie keer deur die 10 sekonde-kerf in vanjaar se Diamantliga-reeks gebreek het.

Die eerste was in Junie in Parys tydens die sewende ronde waar hy vierde was in 9.94. Daarna het hy dit twee keer op dieselfde dag gedoen toe hy in Julie tydens die 11de ronde in Londen in die uitdunne tweede was in 9.93 en eindelik derde was in die eindronde in 9.94.

Hy het ook in Junie in Madrid, Spanje 9.98 gehol.

Die topatlete in dié item in 2018 is almal Amerikaners.

Nie net het Coleman Vrydag die vinnigste tyd van die jaar gehol nie, maar Baker spog met die tweede vinnigste tyd met sy 9.87 in Pole, en hul landgenote Noah Lyles (9.88) en Michael Rodgers (9.89) het gewys dat daar geen tekort aan vaart sal wees as Justin Gatlin besluit om sy spykerskoene weg te pak nie.

Lyles het juis Donderdagaand in Zürich by die eerste eindronde van die reeks die 200 m in 19.97 afgeblits om die titel te verower en sy tyd van 19.65 wat hy in Monaco tydens die 10de ronde gehardloop, het is nie net die voorste van die jaar nie, maar ook die beste sedert Usain Bolt in 2015 in Beijing, China 19.55 en Gatlin in Eugene, Oregon 19.57 aangeteken het.

In Vrydagaand se ander items het die Rus Sergey Shubenkov sy titel verdedig deur die 110 m-hekkies te wen in 12.97 sek.

Salwa Eid Naser van Bahrein in die 400 m koning gekraai in 49.33, meer as ’n sekonde voor Phyllis Francis van die VSA wat naasbeste was in 50.51.

Caster Semenya en Luvo Manyonga het albei Donderdagaand hul titel in onderskeidelik die 800 m en die verspring verdedig terwyl daar nie veel was om oor opgewonde te raak vir die res van die Suid-Afrikaanse atlete nie.

Meer oor:  Akani Simbine  |  Atletiek  |  Diamantliga  |  Brussel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.