Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
ASA-baas in sy noppies met Wayde-hulle
Aleck Skhosana, president van Atletiek Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Die president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), Aleck Skhosana, was Woensdag vol lof vir die Suid-Afrikaanse atlete wat Dinsdag vir ’n goue aand in Switserland gesorg het.

Die langverwagte terugkeer van Wayde van Niekerk was die grootste rede om te glimlag, met dié blits wat sy eerste oorsese wedloop in drie jaar gewen het toe hy eerste oor die wenstreep is in die 400 m in Bellinzona.

Akani Simbine het sy segetog voortgesit in die 100 m, terwyl Ruswahl Samaai uitgeblink het met ’n tweede plek in die verspring en Antonio Alkana brons verower het in die 110 m-hekkies.

“Ons is tevrede met al die vertonings,” het Skhosana gesê.

“Dit is goed om te sien dat Wayde sy terugkeer met ’n oorwinning kon maak en Akani het voortgebou op sy vorige vertonings en ook op sy tyd verbeter. Ruswahl en Antonio het ook opnuut in hul nommers gewys hoe sterk hul fokus is.”

“Ons wens elke atleet, afrigter en lid van die ondersteunende spanne geluk. Ons vertrou dat hulle harde werk nog vrugte sal afwerp.”

Ons wens elke atleet, afrigter en lid van die ondersteunende spanne geluk. Ons vertrou dat hulle harde werk nog vrugte sal afwerp.
Aleck Skhosana

Van Niekerk, wat vroeër vanjaar ’n paar keer in Bloemfontein in aksie was, se tyd van 45.58 sekondes was sy beste in 2020.

Van Niekerk sal nou terugkeer na Suid-Afrika waar hy en sy breier, Ans Botha, planne sal begin beraam om hom op sy beste te hê teen die tyd wat die Olimpiese Spele volgende jaar in Julie in Tokio aanbreek.

Meer oor:  Wayde Van Niekerk  |  Aleck Skhosana  |  Suid-Afrika  |  Switserland  |  Asa  |  Naellopers  |  President  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.