Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
ASA, Caster nader Europese menseregtehof

Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Caster Semenya gaan in Maart dokumente by die Europese menseregtehof indien in ’n nog ’n poging om te appelleer teen Wêreldatletiek se regulasies.

Caster Semenya op pad na haar goue medalje in die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. Foto: Gallo Images

Die wêreldliggaam se regulasies verhoed atlete soos Semenya, met natuurlike hoë testosteroonvlakke, om aan die 400 m, 400 m-hekkies, 800 m, 1 500 m en die myl deel te neem, tensy hulle van medikasie gebruik maak om dié vlakke te verlaag.

ASA en die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Dinsdag met die portefeuljekomitee vir sport, kuns en kultuur vergader waar die land se voorbereiding vir die Olimpiese Spele bespreek is.

Die Olimpiese Spele is geskeduleer om op 23 Julie in Tokio te begin, met Semenya wat die verdedigende kampioen in die 800 m is.

Die kans dat Semenya ’n geleentheid gegun sal word om haar titel te probeer verdedig, is egter bitter skraal.

“Aleck Skhosana, ASA se president, het gesê dat Semenya daarom (weens die regulasies) nie in die voorlopige span vir die Olimpiese Spele ingesluit is nie,” het Sibongile Maputi, kommunikasiebeampte van die parlement, in ’n verklaring gesê.

“Die voorsitter van die komitee, Beauty Dlulane, het die komitee se ondersteuning vir Semenya beklemtoon. Sy het gesê dat die meeste lande graag vir Semenya aan die Olimpiese Spele sal wil sien deelneem, ’n voorneme wat deur die ‘reëls en regulasies’ gefrustreer word.”

“Ons is bekommerd dat dit Caster se voorbereiding geaffekteer het,” sê Dlulane.

“Hierdie reëls is ’n onreg wat Caster benadeel en verhoed haar om deel te neem en te kwalifiseer en die komitee se siening is dat die reëls onregverdig is.”

Ons is bekommerd dat dit Caster se voorbereiding geaffekteer het.
Beauty Dlulane

Dlulane sê dat in ’n wêreld wat steeds stoei daarmee om inklusief te wees en waar menseregte geskend word, dit net regverdig sal wees dat Semenya toegelaat word om deel te neem in haar voorkeurnommer.

Skhosana het aan die komitee gesê dat die beheerliggaam ondersteuning uit Swede ontvang het en hoopvol is dat hy in sy appèl sal kan slaag.

Semenya het reeds by die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS), wat in Switserland gesetel is, teen dié regulasies geappelleer, maar was onsuksesvol.

Sy het haar daarna tot die Switserse federale hooggeregshof gewend om teen CAS se beslissing te appelleer, maar dit het ook misluk.

Hierna het Greg Nott, haar prokureur, reeds in November aangedui dat sy haar tot die Europese menseregtehof gaan wend.

Semenya is een van verskeie vroueatlete by wie hiperandrogene (DSD) gediagnoseer is, wat beteken dat haar natuurlike testosteroonvlakke aansienlik hoër is as dié van ander vroueatlete.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.