Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
ASA skors hele bestuur van skoleliggaam

Atletiek Suid-Afrika (ASA) het Maandag die hele uitvoerende komitee van Suid-Afrikaanse Skole-atletiek (Sasa) geskors.

Dít volg na groot ontevredenheid oor Sasa hom glo nie gesteur het aan die riglyne wat ASA vir hom uiteengesit het nie.

Aleck Skhosana, president van Atletiek Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

’n Tussentydse komitee is ingestel met Brandon du Plessis was as voorsitter gekies is, terwyl Sibusiso Nyamane adjunkvoorsitter sal wees.

Volgens ASA sal hulle verantwoordelik wees om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse senior skolekampioenskap, die nasionale kampioenskap vir laerskole, die LSEN-kampioenskap en die Dowe-kampioenskap, sowel as die o.16-, o.18- en o.20-byeenkomste, alles seepglad verloop.

Dít volg nadat ASA ontevrede was met die wyse waarop Sasa die beleidsriglyne wat deur die plaaslike moederliggaam ingestel is, nagekom het.

“Dit het vir ASA se uitvoerende komitee duidelik geword dat Sasa se uitvoerende komitee vasgeskop het teen die vereiste belyning met ASA en selfs so ver gegaan het as om doelbewus Sasa se raad te mislei, wat betref die mandaat wat van ASA af ontvang is,” het die plaaslike liggaam in ’n verklaring gesê.

Die komiteelede wat die deur gewys is, is Willy Mokatsanyane, Sabata Khumalo, Peppi Olevano, Yvonne Schalk, Victor Modimokoane, Dawid Pieterse, Hendrik Bekker, Peter Maluleke, Wimpie Lodewyk en Erika Clarence. Hulle is almal onbepaald geskors.

ASA sê hy is tans in gesprek met die departement van sport en die departement van basiese onderwys wat dié verwikkelinge betref.

Olevano, sekretaris-generaal van Sasa, was verlede jaar onder meer in die spervuur nadat die liggaam skielik besluit het dat minstens 40% van Suid-Afrikaanse skole-atletiekspanne op alle vlakke uit atlete van voorheen benadeelde gebiede moet bestaan.

Ná ’n oproer deur ouers, afrigters en atlete, is daar weggedoen met dié vereiste.

Meer oor:  Skoleatletiek  |  Asa  |  Sasa  |  Skorsing  |  Atletiek Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.