Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
ASA-verkiesing: Skhosana uit, Moloi in
James Moloi is Saterdag tot die nuwe president van Atletiek Suid-Afrika verkies. Foto: Gallo Images

Aleck Skhosana se tyd as hoof van Atletiek Suid-Afrika (ASA) het Saterdag tot ’n einde gekom toe James Moloi die meeste stemme gekry het op die presidentsverkiesing in Johannesburg.

Moloi, wat nou plek sal maak uit sy pos as hoof van Sentraal-Gauteng Atletiek (CGA), het die verkiesing met 39 stemme teenoor 27 beklink ná ’n vergadering by die O.R. Tambo Garden Court-hotel, wat langer as ses ure geduur het.

Skhosana was sedert 2014 aan die bewind van die nasionale liggaam.

Shireen Noble van Suidwestelike Distrikte is tot visepresident verkies en neem die rol by dr. Harold Adams oor.

Daarmee het Noble haarself onderskei as die vrou wat die hoogste pos beklee in ASA se geskiedenis.

Daarmee het Noble haarself onderskei as die vrou wat die hoogste pos beklee in ASA se geskiedenis.

Skhosana was net minder as sewe jaar in sy pos nadat hy in Junie 2014 by James Evans oorgeneem het.

Skhosana is toe gekies om ’n sinkende ASA-skip weer op koers te kry nadat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF), wat nou Wêreldatletiek heet, in 2014 moes ingegryp om die destydse dooiepunt tussen die strydende groepe in ASA te beëindig.

Aleck Skhosana

Ofskoon Skhosana en Adams wel die skip kon stabiliseer, het hoogdrama hom verlede jaar weer afgespeel toe ASA téén die indiening van ’n plan rakende die terugkeer tot atletiek-aktiwiteite besluit het ná die uitbreek van die Covid-19-pandemie.

Dié besluit het tot groot ongelukkigheid gelei met die nasionale liggaam wat sy provinsiale eweknieë verbied het om enige byeenkomste te organiseer.

Die plaaslike organisasies, wat finansieel swaar geleef het nadat alle sportaktiwiteite opgeskort is, het met die naweek se verkiesing egter gewys dat als nog nie vergewe is nie.

Moloi het voor die verkiesing TV-blootstelling vir sport, of die gebrek daaraan wanneer dit by atletiekbyeenkomste kom, as een van die groot redes tot kommer uitgewys.

Hy glo die rede waarom borge huiwerig is om in dié sport te belê, het regstreeks te doen met die beperkte hoeveelheid byeenkomste wat op die kassie uitgesaai word.

Sentraal-Gauteng was een van die eerste provinsiale liggame wat weer suksesvolle atletiekbyeenkomste aangebied het.

Hy het onder meer die eerste halfmarathon sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie gehou.

Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nuwe raadslede is Saterdag gekies. Foto: Verskaf/ASA

Jean Verster, Noordwes Atletiek se president en voormalige breier van Caster Semenya, is as hoof van die kommissie vir baan- en velditems gekies, terwyl die voormalige langasem Enoch Skosana die nuwe voorsitter van padwedlope is. Hy neem by Moloi oor.

Jakes Jacobs sal weer voorsitter van landloop wees, ’n posisie wat hy in die vorige Olimpiese siklus ook beklee het.

Die voormalige 400 m-spesialis en Olimpiër Hendrick Mokganyetsi is die voorsitter van die atlete se kommissie.

Die bykomende lede is Esther Malema, Adelinah Ranthimo, Norma Nonkonyane en Ntathu Gwadiso.

Meer oor:  James Moloi  |  Aleck Skhosana  |  Johannesburg  |  President  |  Covid-19  |  Verkiesing  |  Atletiek  |  Stemmery  |  Asa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.