Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
ASA vra mooi: Bly fiks terwyl jy tuisbly

Terwyl atlete nie toegelaat word om die atletiekbaan te besoek nie, moet hulle steeds werk maak daarvan om fiks te bly.

So het Aleck Skhosana, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), in ’n videoboodskap gesê wat laat Maandagaand op YouTube gedeel is.

Met oefengeriewe wat landswyd gesluit is en ’n staat van inperking wat tot 16 April duur, is die uitdaging vir atlete om aktief te bly.

“Ons moedig julle almal aan om fiks te bly terwyl julle binnenshuis is,” sê Skhosana.

“Julle kan strek en ’n paar oefeninge doen, soos dié warmee julle gewoonlik opwarm en afkoel.”

Aleck Skhosana, ASA-president, het in ’n videoboodskap atlete aangemoedig om fiks te bly. Foto: Getty Images

Die Olimpiese Spele, wat veronderstel was om in Julie te begin, is verlede week met ’n jaar uitgestel tot 23 Julie 2021 te midde van die Covid-19-pandemie.

Die domino-effek daarvan is dat ook atletiek se Wêreldkampioenskap in Oregon uitgestel sal word van 2021 na 2022, en die Statebondspele van 2022 in Birmingham na verwagting ook ’n nuwe datum sal kry.

Suid-Afrika is een van talle lande in ’n staat van inperking, saam met onder andere Brittanje, Indië, China, Frankryk, Italië, Nieu-Seeland en Pole.

“Dit is ’n tyd van inperking en dit is ernstig,” sê Skhosana.

“Julle moet die reëls gehoorsaam. Werk saam met die polisie, weermag en mediese personeel. Maak seker dat julle veilig is, maak seker dat julle binne bly en maak seker dat ons die einde hiervan sien. Ons kan net die virus klop deur die reëls te gehoorsaam soos uiteengesit deur die president van Suid-Afrika en die gesondheidsdepartement.”

ASA sal eers ná die staat van inperking besin oor die moontlikheid om die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap op ’n nuwe datum te hou. Dit was aanvanklik geskeduleer vir 23 tot 25 April, maar is sedertdien uitgestel.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Asa  |  Aleck Skhosana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.