Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Atleet het dokumente vir verhoor vervals

Die langafstandatleet Florence Jepkosgei Chepsoi van Kenia is tot een jaar gemeenskapsdiens gevonnis nadat sy as deel van haar verdediging teen ’n klag van opkikkergebruik dokumente vervals het.

Hierdie aankondiging is deur Kenia se vereniging teen die gebruik van verbode middels (Adak) gemaak. Chepsoi is die eerste atleet van dié land wat in ’n strafhof skuldig bevind is.

Die uitspraak in die verhoor in Eldoret kom ná afloop van ’n ondersoek wat jare geduur het, berig Daily Nation in Kenia.

Die 36-jarige marathon-atleet is in 2017 vir twee jaar geskors nadat sy positief vir die gebruik van die verbode middel prednisoloon getoets is.

Sy is skuldig bevind daaraan dat sy haar mediese uitslae van Eldoret se Uasin Gishu-hospitaal vervals het om haar verdediging te steun toe sy voor die Keniaanse Sporttribunaal moes verskyn.

“Die Uasin Gishu se distrikshospitaal het bevestig dat die mediese dokumente vervals is, en dat die hospitaal nie die atleet behandel het nie,” het Adak in ’n verklaring gesê.

Meer as 60 Keniaanse atlete is in die afgelope vyf jaar weens oortredings met opkikkers geskors.

Chepsoi is egter nie die eerste atleet van dié Afrika-land wat geskors is nadat sy dokumente vervals het nie.

Jemima Sumgong, wat in 2016 goud op die Olimpiese Spele gewen het, is een van meer as 60 Keniane wat tans skorsings vir die gebruik van verbode middels uitdien. Foto: Getty Images

Die Olimpiese marathon-kampioen Jemima Sumgong dien ook tans ’n lang skorsing uit omdat sy haar dokumente vervals het om haar positiewe toets vir eritropoiëtien (EPO) te verbloem.

Sumgong, die eerste Keniaanse vrou wat ’n Olimpiese marathon gewen het, is vyf maande ná haar oorwinning in Rio de Janeiro positief getoets vir dié middel in ’n toets wat buite die kompetisievenster gedoen is. – AFP, Sportredaksie

Meer oor:  Atletiek  |  Kenia  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.