Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Atlete in 58 lande kry finansiële hulp

Wêreldatletiek en die Internasionale Atletiekstigting (IAF) gaan $3 000 (sowat R52 000) elk aan 193 atlete van 58 lande uitbetaal as deel van hul poging om finansiële verligting te bring tydens die Covid-19-pandemie.

Wêreldatletiek gaan geld uitbetaal aan sommige atlete wat finansiële hulp benodig weens die Covid-19-pandemie. Foto: Getty Images

Die aanvanklike bedrag in April was $500 000, maar danksy skenkings kon dié bedrag tot $600 000 verhoog word.

Die IAF, wat in 1986 onder leiding van prins Albert van Monaco gestig is om by te dra tot liefdadigheid, sê hy het 261 aansoeke gekry, wat in aanmerking gekom het voor die sperdatum van 31 Mei.

’n Werkgroep onder leiding van Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, het die aansoeke geëvalueer.

Om vir die fonds in aanmerking te kon kom, moes die atlete gekwalifiseer het om gekies te word vir die Olimpiese Spele in Tokio, moes die atleet kon regverdig dat hy of sy in finansiële nood is weens die opskorting van byeenkomste en mag hy of sy ook nie opkikkers gebruik het nie.

Atlete wat onder die voorste ses op die wêreldranglys tel, en diegene wat onder die voorste ses in enige Goue-padwedloop geëindig het, asook dié wat meer as $6 000 in prysgeld verdien het in die 2019 Diamantliga-reeks, het nie gekwalifiseer nie.

Hicham El Guerrouj, gewese Olimpiese kampioen en 1 500 m-wêreldrekordhouer, en Katerina Stefanidi, die huidige Olimpiese paalspringkampioen, het saam met Coe op die evalueringskomitee gedien. – Sportredaksie

Meer oor:  Atletiek  |  Finansiële Hulp  |  Hulpfonds  |  Koronavirus  |  Wêreldatletiek  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.