Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Atletiek gaan vir 6 weke koning kraai in 2022
Suid-Afrika se 4x100 m-aflosspan het silwer gewen by die 2018-Statebondspele en sal moontlik in 2022 aan die Wêreldkampioenskap en Statebondbyeenkoms kan deelneem.Foto: Getty Images

Wêreldatletiek het by sy woord gehou en Woensdag reeds nuwe datums vir die Wêreldkampioenskap aangekondig, wat nou in 2022 sal plaasvind.

Dié byeenkoms was oorspronklik geskeduleer vir Augustus 2021, maar is uitgestel toe die Olimpiese Spele in Tokio na 2021 geskuif is. Dit sal nou van 15 tot 24 Julie 2022 in Oregon plaasvind.

Luidens ’n verklaring deur Wêreldatletiek het hy gesprekke gevoer met die organiseerders van die Statebondspele in 2022, wat in Birmingham gaan plaasvind, asook die organiseerders van die Europese Kampioenskap, wat in dieselfde jaar vir München beplan word.

’n Groot verrassing is dat die Statebondspele sy oorspronklike datum van 27 Julie tot 7 Augustus sal behou, terwyl die Europese Kampioenskap steeds van 11 tot 21 Augustus sal plaasvind.

Dit beteken dat sommige atlete, wat vir al drie byeenkomste kwalifiseer, vir nagenoeg ses weke onophoudelik sal deelneem.

Die nuwe program verhoed wel dat dié byeenkomste oorvleuel en beteken dat daar nie tot die drastiese stap oorgegaan hoef te word om die Statebondspele na 2023 uit te stel nie.

In ’n uitsonderlike internasionale seisoen vir atletiek en ongeëwenaarde somer vir sport, sal al drie die byeenkomste plaasvind.
Wêreldatletiek

“In ’n uitsonderlike internasionale seisoen vir atletiek en ongeëwenaarde somer vir sport, sal al drie die byeenkomste plaasvind,” het Wêreldatletiek gesê.

“Die Wêreldkampioenskap sal ’n unieke viering van die sport afskop, wat deur die Statebondspele en die Europese Kampioenskap gevolg sal word. Dit gaan ’n meevaller vir atletiekondersteuners wêreldwyd wees.”

Volgens Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, was die uitdaging om datums te vind wat atlete sal toelaat om aan al drie byeenkomste te kan deelneem, sou hulle daarvoor kwalifiseer.

“Ons wou nie die ander groot kampioenskappe in 2022 benadeel nie, want dit is ook belangrik vir die sport.”

Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek,. Foto: Getty Images

Coe verwys hier na die Statebondspele en Europese Kampioenskap, wat albei multisport-byeenkomste is.

Die Statebondspele-federasie (CGF) is glo besig om die atletiekprogram van sy byeenkoms aan te pas en na die einde van die skouspel in Birmingham te skuif.

Die rede hiervoor is om atlete kortliks ’n ruskans te gun nadat hulle aan die Wêreldkampioenskap deelgeneem het, voordat hulle in Birmingham weer moet aantree.

“Ons sou verkies het om nie drie groot byeenkomste agtereenvolgens te laat plaasvind nie, maar dit bied vir ons ’n unieke geleentheid om die sport en al sy sterre oor ’n tydperk van ses weke te bemark,” het Coe bygevoeg.

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het twee weke gelede die Tokio-Spele uitgestel weens die Covid-19-pandemie, met verskeie lande, waaronder Kanada, Brittanje en die VSA, wat gedreig het om die skouspel te boikot indien hy sy datum van 24 Julie tot 9 Augustus 2020 behou het.

Meer oor:  Sebastian Coe  |  Japan  |  Tokio  |  Iok  |  Atletiek  |  Statebondspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.