Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Atletiek-kampioen kap VSA-spanmaat

Die wêreldkampioen in die 200 m, Noah Lyles, het gesê sy landgenoot Christian Coleman moet nadat hy tydelik geskors is meer verantwoordelik optree.

Christian Coleman. Foto: Getty Images

Coleman, die kampioen in die 100 m, kan die Olimpiese Spele misloop nadat hy in Junie voorlopig geskors is omdat hy die reëls verbreek het.

Hy is voorheen ook byna geskors omdat hy die opkikkertoetse drie keer misgeloop het.

Lyles en Coleman was albei deel van Amerika se span wat verlede jaar die goue medalje in die 4x100 m-aflos op die Wêreldkampioenskappe gewen het.

“Jy hoop net vir ’n bietjie meer verantwoordelike optrede. Dit maak seer want ons wil in Tokio vir die wêreldrekord mik,” het Lyles aan die BBC gesê.

Die 23-jarige Lyles het al voorheen gesê hy het nie ’n goeie verhouding met Coleman nie. Volgens hom wil hy egter nie sy spanmaat geskors sien nie.

As ’n atleet oor ’n tydperk van 12 maande drie keer nie behoorlike inligting verskaf oor waar hy hom bevind of nie opdaag vir die tyd wat aan hom gegee is om ’n opkikkertoets te ondergaan nie, kan hy vir tot twee jaar geskors word.

Dit maak seer want ons wil in Tokio vir die wêreldrekord mik.
Noah Lyles

“Jy wil nie sien dat iemand ’n toets misloop nie. Dis die vinnigste manier om geskors te word. Dit maak seer om so iets in die naelloop-wêreld te sien,” het Lyles gesê.

“Die stelsel om te bepaal waar jy jou bevind, was tot dusver vir my maklik om na te kom. Ek dink ek het een keer per ongeluk ’n toets gemis en ’n ander keer het hulle (die owerhede) ’n fout begaan. Dit het in verskillende jare gebeur en sedertdien het ek nog nie weer ’n toets gemis nie.

“As jy een gemis het, moet jy beslis iemand kry om jou te help om dit in die toekoms te onthou.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.