Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Atletiekdag vir mense met Downsindroom

Dis amper weer tyd vir die Downsindroomvereniging van Pretoria se jaarlikse atletiekdag. Vanjaar sal mense met Downsindroom op 1 September by die Universiteit van Pretoria se atletiekbaan vir dié geleentheid aantree.

Die hoop is om vanjaar meer as 500 atlete na die dag, wat die eerste keer in 2016 aangebied is, te lok. In 2016 was die vereniging se atletiekdag die grootste geleentheid van sy soort in die land. Op daardie dag het ongeveer 300 atlete deelgeneem en verlede jaar was daar nagenoeg 450 persone met Downsindroom wat vir die baan- en velditems ingeskryf het. Daar was ook in die omgewing van 2 000 vrywilligers wat die dag help reël het en ander lede van die publiek wat die dag bygewoon het.

Vanjaar begin die eerste items om 08:30 en alles behoort teen 15:00 klaar te wees. Familie van mense met Downsindroom word uitgenooi om inskrywings in te stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.