Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Atletiekreus John van Reenen sterf
’n Jong John van Reenen in aksie. Foto: Verskaf

Die atletiekreus John van Reenen, voormalige wêreldrekordhouer in diskusgooi, is Dinsdagaand dood.

Dié oud-Bethlehemiet het in 1975 die wêreldrekord in Stellenbosch met sy gooi van 68,48 m verbeter.

Van Reenen (71) se regteronderbeen is in 2013 weens gangreen in sy voet geamputeer. Dit is later tot onder die knie afgesit.

Hy moes uiteindelik met behulp van ’n prostese en ’n rolstoel beweeg, maar was die laaste ruk bedlêend. Hy het vandeesweek probleme met sy maag ondervind.

Hy het die laaste paar jaar in Calitzdorp gebly waar hy die Fine Arts Gallery gekoop het.

Die oudleerling van Voortrekker het ook in gewigstoot op die atletiekbaan uitgeblink.

John van Reenen kort nadat hy sy prostese gekry het by die skildery wat hy van homself gemaak het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Atletiek  |  Oorlede  |  John Van Reenen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.