Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Gardiner rig waarskuwing aan Wayde

Wanneer Wayde van Niekerk op 1 Augustus op die Olimpiese Spele in Tokio in die uitdunne van die 400 m in die blokke sak, kan jy seker wees dat elkeen van sy teenstanders een doel voor oë sal hê: om hom as kampioen te onttroon.

Terwyl die wêreldrekordhouer en verdedigende Olimpiese kampioen binnekort sak en pak na Amerika sal vertrek om hom by sy nuwe oefengroep in Florida aan te sluit, is verskeie van die name wat hom in Tokio kan uitdaag nou ook besig om op te skerp voor die skouspel in Japan.

Steven Gardiner van die Bahamas sal een van die groot aanspraakmakers op die 400 m-titel wees op die Tokio-Spele. Foto: Getty Images

Een van hulle is Steven Gardiner van die Bahamas.

Dié 25-jarige blits het in 2019 in Doha – in Van Niekerk se afwesigheid – goud op die Wêreldkampioenskappe verower. Van Niekerk, wat lank las van ’n kniebesering gehad het, was in 2015 in Beijing, sowel as in 2017 in Londen, die 400 m-wêreldkampioen.

Ofskoon Van Niekerk se vertonings vanjaar in sy 200 m-wedlope belowend lyk, met ’n beste tyd van 20.10 (+2.1 m/s) wat onder die voorste in die wêreld op die ranglys tel, moet hy nog ’n amptelike 400 m-wedloop in 2021 aflê.

Gardiner het op sy beurt die jaar met verskeie binnenshuise byeenkomste begin waarmee hy sy roes probeer afskud het.

Hy het die afgelope naweek self die eerste keer vanjaar in die 400 m aangetree.

Die verdedigende wêreldkampioen het sy buitemuurse seisoen met ’n haastige tyd van 44.71 sekondes op die Universiteit van Florida se Tom Jones-uitnodigingsbyeenkoms in Gainesville geopen.

Hiermee het hy sommer met die intrapslag in die gesamentlike tweede plek op die wêreldranglys ingeskuif, ’n posisie wat hy nou saam met Amerika se Johnnie Blockburger beklee.

Nog ’n Amerikaner, Bryce Deadmon, is tans voor met sy tyd van 44.62.

Van Niekerk se beste tyd in 2020 was 45.58, wat hy in September in Switserland vermag het. Dit was egter kort ná sy terugkeer tot mededingende atletiek.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Wayde Van Niekerk  |  400 M  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.