Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Blinde ster durf Berlyn-marathon aan

Louzanne Coetzee, blinde atleet van Bloemfontein, is terug in Berlyn waar sy vroeër vanjaar ’n wêreldrekord verbeter het.

Louzanne Coetzee saam met Godfrey Ramokone en Claus Kempen.

Sy tree Sondag daar aan vir die jaarlikse Berlyn-marathon, wat maar haar tweede wedloop oor dié afstand sal wees.

Dit is haar eerste marathon in die buiteland en dit vind dié keer omtrent op seevlak plaas.

Coetzee (25) het haar eerste marathon, die Soweto-marathon, in ’n tyd van 3:31:12 voltooi.

Sy sal goeie herinneringe hê van die Duitse hoofstad, waar sy in Julie haar eie wêreldrekord in die T11-klas in die 5 000 m op die Para-atletiek-Grand Prix-byeenkoms verbeter het.

Haar gids, Xavier Adams, is beseer en sal haar nie die keer bystaan nie. Claus Kempen sowel as Godfrey Ramokone sal saam met haar hardloop. – Johann de Jager

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.