Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Blitse gaan mekaar in Bloem opdreun
Simon Magakwe Foto: Gallo Images

Twee mans wat die 100 meter al in minder as 10 sekondes afgeblits het, sowel as die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat dit in minder as 11 sekondes vermag het, is van die trekpleisters in die Grand Prix-atletiekbyeenkoms Saterdag in Bloemfontein.

Die blitse Simon Magakwe (Tygerberg) en Thando Roto (Tuks), wat omet persoonlike beste tye van 9.98 en 9.95 onderskeidelik spog, gaan in die 100 goeie teenstand van Tukkies se Emile Erasmus kry.

Die naam van Grey-kollege se 16-jarige Lucky Molanyane is ook onder die 25 naellopers wat in die drie wedlope oor 100 m te sien sal wees.

Carina HornFoto: Gallo Images

Die SA vroue-rekordhouer in dié item, Carina Horn van Tuks, het verlede jaar in Doha, Katar, met ’n tyd van 10.98 die eerste keer die 100 in minder as 11 sekondes afgelê. Sy sal Saterdag goeie teenstand van Tebogo Mamatu (Tuks) en Tamzin Thomas (UJ) in die A-wedloop kry.

Horn is een van ’n halfdosyn atlete in die Rosestad wat in die vorige Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in aksie was.

Die nasionale aflos-spanne gaan aan die einde die byeenkoms hul eerste geleentheid kry om te probeer kwalifiseer vir die Wêreld-aflosbyeenkoms, wat in Mei in Yokohama gehou word.

Die mans se 400-hekkies beloof net so ’n goeie wedloop te wees. Die voormalige Statebondspele-kampioen Cornel Fredericks, wat hom as Kovsie-atleet by Wayde van Niekerk se afrigter, Ans Botha, aangesluit het, kom onder andere te staan teen Le Roux Hamman (Tuks) en Lindsey Hanekom (Tuks), wat in Rio was. PC Beneke (Kovsies) en Constant Pretorius (Tuks) is die ander twee atlete wat hulle in die oog sal hou.

In die vroue se 400-hekies beloof Zeney van der Walt, junior wêreldkampioen, se tweestryd met haar Tukkies-spanmaat Gezelle Magerman, voormalige gouemedalje-wenner by die Olimpiese Jeugspele, ook ’n riller te wees.

Zarck Visser (UJ) sal in die verspring vir mans, een van net twee velditems Saterdagaand, wil voortbou op sy persoonlike beste van 8.41 m, wat hy geëwenaar het by sy provinsiale kampioenskappe verlede maand in Germiston.

Kaartjies vir die byeenkoms van 17:45 tot 19.15 kan ook gebruik word vir die Pro14-rugbywedstryd tussen die Cheetahs en Dragons, wat om 19:30 in die aangrensende Toyota-stadion gespeel word.

Die program is:
 17:45: verspring (mans), gewigstoot (mans), 100 (vroue, 2 wedlope, geen eindstryd); 17:50: 100 (mans, 3 wedlope, geen eindstryd); 18:15: 400-hekkies (mans); 18:25: 400-hekkies (vroue); 18:30: 3000 (vroue); 18:45: 110-hekkies (mans); 18:50: 100-hekkies (vroue); 19:00: 400 (mans); 19:05: 4x100-aflos (vroue); 19:15: 4x100-aflos (mans).


Meer oor:  Simon Magakwe  |  Carina Horn  |  Bloemfontein  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.