Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Bolt doop seuns Thunder, Saint Leo

Usain Bolt het sy tweelingseuns Thunder en Saint Leo gedoop.

Usain Bolt, wenner van agt Olimpiese goue medaljes. Foto: Getty Images

Die BBC berig die Jamaikaanse naelloop-koning het die naweek Vadersdag gebruik om bekend te maak dat hy en sy lewensmaat, Kasi Bennett, weer ouers geword het.

Die paartjie blyk aanhangers te wees van vreemde name en hul dogter, wat in Mei 2020 gebore is, heet Olympia Lightning Bolt.

Saint Leo verwys na die 34-jarige Olimpiese legende se middelnaam en dit is seker onnodig om die naam Thunder te verduidelik.

Bennett het ook ’n foto van die gesin op sosiale media gedeel en sê: “Jy is die rots van hierdie familie en die beste pappa vir ons kinders.”

Bolt, ’n wenner van agt Olimpiese goue medaljes, het in 2017 uitgetree, maar word steeds beskou as die beste naelloper van alle tye.

Hy is die wêreldrekordhouer in die 100 m met ’n tyd van 9,58 sekondes.

Bolt en Bennett se keuse om hul kinders se name met woordspeling kleur te gee is soortgelyk aan die beroemde voormalige egpaar Kanye West en Kim Kardashian.

Hul eerste dogter se naam is North West en, soos Bolt en Bennett, het hulle ook ’n kind genaamd Saint.

Bogenoemde se keuses van kindername is egter nie naastenby so vreemd soos die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk en sy lewensmaat, Grimes, s’n nie.

Dié paartjie se seun heet X Æ A-Xii’s, ’n naam wat die internet laat gons het toe dit verlede jaar bekendgemaak is. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Kasi Bennett  |  Atletiek  |  Kanye West  |  Elon Musk  |  Grimes  |  Usain Bolt  |  Kim Kardashian
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.