Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Rollins-McNeal ontken galopsop-skop

Brianna Rollins-McNeal, Amerikaanse Olimpiese kampioen in die 100 m-hekkies, ontken dat sy vir enige opkikkers positief getoets is.

Die hekkiesatleet Brianna McNeal ontken dat sy enige opkikkers gebruik het. Foto: Getty Images

Die 29-jarige, wat goud by die Olimpiese Spele in 2016 in Rio de Janeiro verower het en in 2013 ’n wêreldkampioen was, word daarvan aangekla dat sy “met die toetsproses vir opkikkergebruik gepeuter het” en is voorlopig deur atletiek se integriteitseenheid (AIU) geskors.

Rollins-McNeal sê in ’n verklaring, wat deur haar agente uitgereik is, sy het nie ’n opkikkertoets gedop nie.

“ICM Stellar Athletics wil dit net duidelik stel dat Brianna nie positief getoets is vir enige verbode middel in atletiek nie,” sê haar agentskap.

“Brianna sal ’n versoek vir ’n verhoor indien waar sy ten volle verwag om vrygespreek te word en om daarna met haar kampioenskaploopbaan voort te gaan.”

Rollins-McNeal was een van die Amerikaners wat skoonskip op die podium gemaak het by die Rio-skouspel in die 100 m-hekkies, maar is daarna vir ’n jaar geskors toe sy binne ’n tydperk van 12 maande drie opkikkertoetse buite die kompetisievenster misgeloop het.

Haar skorsing was geldig tydens 2017, wat beteken het dat sy die Wêreldkampioenskap in Londen gemis het.

Sy het ook vir 2019 se byeenkoms in Doha gekwalifiseer, maar is in die eerste ronde gediskwalifiseer weens ’n foutiewe wegspring. – Reuters

Meer oor:  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.