Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Britte uit o.20-Wêreld-byeenkoms

Brittanje het hom Vrydag aan die o.20-Wêreldkampioenskap in atletiek onttrek weens vrese oor die Covid-19-pandemie.

Brittanje se atlete vier hul bronsmedalje in die 4x400-aflos by die o.20-Wêreldkampioenskap in Tampere in 2018. Foto: Getty Images

Dié besluit kom ’n rapsie meer as twee maande voordat die byeenkoms, wat geskeduleer is om in Nairobi in Kenia gehou te word, op 17 Augustus sal begin.

“Verskeie redes het tot die besluit gelei, insluitend die Britse regering se aanbeveling dat daar nie na lande op die rooilys gereis moet word nie, die risiko’s wat met die Covid-19-variante gepaardgaan en die aansienlike koste en tyd wat geverg word om in sowel Kenia as Brittanje in kwarantyn te wees,” het Britse Atletiek luidens ’n verklaring gesê.

“Die belangrikste faktor is egter die welstand van ons atlete, afrigters en ondersteunende span.”

Die Britse liggaam sê hy sal steeds die ontwikkeling van die jong atlete ondersteun deur geleenthede te skep vir hulle om drie atlete per item na die o.20- Europese Kampioenskap te neem.

Dié byeenkoms word tussen 15 en 18 Julie in Tallinn in Estland gehou.

Brittanje het in 2018 vyfde op die medaljetabel geëindig met ’n totaal van sewe (drie goud, een silwer, drie brons), een plek bo Suid-Afrika, wat sesde was met sy vier medaljes (drie goud, een brons). – Sportredaksie

Meer oor:  Atletiek  |  Brittanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.