Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Caster, Elroy kwalifiseer in Kaap
Caster Semenya het Dinsdagaand in Kaapstad met ’n tyd van 2:00.03 in die 800 m vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer. Foto's: Gallo Images
Elroy Gelant

Elroy Gelant en Caster Semenya was Dinsdagaand hier in die Groenpunt-stadion die groot uitblinkers op Atletiek Suid-Afrika se tweede Aand-byeenkoms,

Gelant het in die 5 000 m vir mans vir vanjaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, gekwalifiseer en Semen­ya in die 800 m vir vroue.

Gelant het die toeskouers op hul voete gehad met sy blitsige tyd van 13:20.70.

Dit was 4.3 sekondes vinniger as die kwalifiserende maatstaf van 13:25.00.

Die Potchefstroomse atleet het van die begin af teen ’n baie vinnige pas gehardloop en gou ’n groot voorsprong opgebou.

In ’n stadium was Stephen Mokoka se Suid-Afrikaanse rekord (13:11,44) binne sy bereik, maar dit was duidelik dat Gelant se fokus eerder op Olimpiese kwalifikasie was.

“Ek is baie dankbaar ek het nou klaar gekwalifiseer,’ het ­Gelant gesê.

Semenya, ’n voormalige Olimpiese silwermedaljewenner en wêreldkampioen in die 800 m, het met ’n tyd 2:00.24 in dié item gekwalifiseer.

Sy het tien dae vroeër ook in die 400 m die kwalifiserende maatstaf oortref.

Dit het in ’n stadium gelyk of sy ’n tyd van vinniger as 2 minute sou hardloop.

Sy het ná die wedloop gesê sy voel sy kan later vanjaar nóg vinniger hardloop.

“Ek is baie tevrede met die wedloop.

“Die volgende doel is om nóg vinniger te hardloop.

“As jy bereid is om die harde werk in te sit en die regte mentaliteit het, kan niks jou oorwin nie,” het Semenya gesê.

Die Pukke-atleet het gesê sy beplan om aan nog een byeenkoms deel te neem voor die Suid-Afrikaanse kampioenskap op 16 en 17 April in Stellenbosch.

LJ van Zyl, SA rekordhouer in die 400 m-hekkies, het kwalifisering vir die Olimpiese Spele (49.40) net-net misgeloop met sy tyd van 49.77 sek.

Dit was die 139 ste keer dat Van Zyl ’n tyd van vinniger as 50 sekondes in dié moordende item gehardloop het.

“Dit het goed gevoel. Ek het geweet ek moes vinniger as 50 sekondes hardloop om hier te wen.

Die jong Lindsay Hanekom, ’n Tukkie-spanmaat van Van Zyl, het baie sterk geëindig en tweede in 49.81 oor die eindstreep gehardloop. Gezelle Magerman (Tukkies) het dié item vir vroue gewen 58.38.

Victor Hogan (Maties) het die diskusgooi vir mans met ’n goeie gooi van 64.04 m ver gewen.

Henricho Bruintjies, wat die vorige SA rekord van 9.97 in die 100 vir mans saam met Akani Simbine gehou het, het gewys hy sal weer vanjaar ’n faktor wees toe hy die 100 in 10.26 gewen het.

Alyssa Conley (Universiteit van Johannesburg) wat al in die 100 en 200 vir vroue vir die Spele gekwalifiseer het, het die 100 in 11.36 gewen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.