Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Caster hardloop nóg ’n rekord los

Daar is net eenvoudig geen keer aan Caster Semenya se segetog in 2018 nie. Die Suid-Afrikaner het Sondagaand in Berlyn, Duitsland wéér die nasionale rekord in die 1 000 m verbeter.

Caster Semenya vier haar sege in die 1 000 m in Berlyn, waar sy haar Suid-Afrikaanse rekord verbeter het. Foto: Getty Images

Semenya het Vrydag haar 800 m-titel in die Diamantliga in Zürich, Switserland, verdedig en by die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreld-uitdaagbyeenkoms haar eie 1 000 m-rekord van 2 minute 31.01 sekondes, wat sy in Julie in Rabat, Marokko opgestel het, in die slag laat bly toe sy die wenstreep in 2:30.70 oorgesteek het. Halimah Nakaayi van Uganda was naasbeste in 2:34.88.

Die Olimpiese, wêreld- en Statebondkampioen in die 800 m se tyd in Berlyn is die sewende vinnigste in die geskiedenisboeke, met die Rus Svetlana Masterkova, wat die voorste tyd in 2:28.98 beklee.

Masterkova het in 1996 die goue medaljes in die 800 m en 1 500 m by die Olimpiese Spele in Atlanta in die VSA verower in dieselfde jaar toe sy die 1 000 m-rekord in Brussel, België opgestel het.

Semenya het ook nader gekom aan die Afrika-rekord wat Maria Mutola van Mosambiek in 1995 in 2:29.34 opgestel het.

Die Suid-Afrikaner het in 2018 die nasionale rekords in die 400 m, 800 m, 1 000 m en 1 500 m agter haar naam geskryf.

* Die laaste ronde van die IAAF se Wêreld-uitdaagreeks word Maandag en Dinsdag in Zagreb in Kroasië gehou.

Ncincihli Titi sal na verwagting sy slag in die 100 m en 200 m wys, terwyl die ander Diamantliga-kampioen, Luvo Manyonga, en Zarck Visser in die verspring in aksie sal wees. Wenda Nel sal vir die 400 m-hekkies aantree.

Meer oor:  Berlyn  |  Caster Semenya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.