Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Caster mik nou na titel in Tsjeggië

Nadat sy vandeesweek ’n driekuns aan Diamantliga-titels behaal het, het Caster Semenya haar visier gestel op nóg ’n titel wat sy graag by haar indrukwekkende medaljeversameling wil voeg: ’n medalje by die IAAF se Kontinentalebeker-byeenkoms.

Caster Semenya vier haar oorwinning in die 800 m by die Diamantliga-byeenkoms in Zürich. Foto: Reuters
Caster Semenya takes a selfie with fans after winning the women’s 800m race during the Weltklasse IAAF Diamond League international athletics meeting in the Letzigrund stadium in Zurich, Switzerland, Thursday, August 30, 2018.Foto: Ennio Leanza/AP
Ruswahl Samaai.

Semenya (27) het vir die 400 m, die 800 m en die 4x400- gemengde aflos ingeskryf by dié tweedaagse byeenkoms wat Saterdag in Ostrava, Tsjeggië, begin.

Sy is een van 20 Suid-Afrikaners wat by die Afrika-span van 74 atlete ingesluit is.

Ter voorbereiding vir dié byeenkoms sal Semenya eers vandag aan die 1 000 m gaan deelneem by die IAAF se Wêrelduit- daag­-byeenkoms in Berlyn, Duitsland.

“In Ostrava sal ons begin met die 400 m, wat ’n meer tegniese item is. Jy moet fokus op jou wegspringblok en op jou dryfkrag, en seker maak jy hou jou vaart vol,” het Semenya Donderdag in Zürich gesê, kort nadat sy die 800 m by die Diamantliga-byeenkoms in dié stad gewen het.

“Ons fokus meer op die 400 m, want die 800 m is nie ’n groot probleem nie.”

Semenya sê sy wil graag haar bestendigheid aanhou handhaaf.

“Ons is bestendig en dit is wat die afrigter (Samuel Sepeng) benodig. Dit gaan daaroor om slim en gesond te wees. Ons is mense, nie masjiene nie.”

Die verspringer Ruswahl Samaai gaan ook in Ostrava in aksie wees en hy beoog om te vergoed nadat sy landgenoot Luvo Man­yonga hom Donderdag in ’n spannende eindronde in Zürich geklop het.

“Ostrava het ’n vinnige baan; so, ek kan dalk net my persoonlike beste afstand en my beste afstand vir die seisoen daar oortref,” sê Samaai.

  • Sy persoonlike beste is 8.49 m, terwyl sy beste poging van die seisoen tot dusver 8.42 m was.
Meer oor:  Ruswahl Samaai  |  Caster Semenya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.