Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Caster tree vir oulaas in 800 aan

Die dubbele Olimpiese kampioen Caster Semenya sal Vrydag ’n laaste keer aan die 800 m deelneem voordat die Internasionale Atletiekfederasie se omstrede testosteroon-regulasie op 8 Mei van krag word.

Caster Semenya verlede week in aksie in die Suid-Afrikaanse nasionale byeenkoms. Foto: Gallo Images

Semenya, wat al baie jare die stryd teen die IAAF se regulasies voer, sal in Doha, Katar, by ’n Diamantliga-byeenkoms teen Francine Niyonsaba van Burundi te staan kom.

Niyonsaba het onlangs onthul dat sy – soos Semenya – ’n DSD-atleet (die IAAF se benaming vir atlete wat seksueel ongewoon ontwikkel het) is. Albei atlete sal voortaan medikasie moet gebruik om hul testosteroonvlakke te verlaag, sou hul steeds aan die 800 m wou deelneem.

Die saak dreig om nog groot opslae te maak en het wêreldwyd ’n warm debat ontketen. Atletiek Suid-Afrika (ASA) het selfs die nuwe regulasies met apartheid vergelyk.

Met die nuwe regulasies moet vroue met natuurlik hoë testosteroonvlakke, wat in items van die 400 m tot ’n myl wil deelneem, deur middel van medisyne hul vlakke tot onder 5 nmol/L kry, wat dubbel die normale vlak (vir vroue) van onder 2 nmol/L is.

Die IAAF, wêreldatletiek se beheerliggaam, moes vroeër vanjaar vure doodslaan nadat daar in ’n berig in Brittanje beweer is hy is van voorneme om Semenya biologies as ’n man te klassifiseer.

Semenya het verlede week in die 5 000 m by die Suid-Afrikaans atletiekbyeenkoms die nasionale kroon verower. Dit was wel in ’n beskeie tyd van 16:05.97, wat nie naby die kwalifiserende tyd van 15:22.00 is nie. – Reuters

  • Regstreeks vanaf 18:00 op SS8
Meer oor:  Doha  |  Caster Semenya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.