Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Caster uit Rabat oor sy te laat genooi is

Die groen lig wat Caster Semenya Vrydag gekry het om aan vandag se Diamantliga-byeenkoms in Rabat, Marokko, deel te neem, het nie betyds gekom nie.

Alain Blondel, hooforganiseerder van die byeenkoms, het aan AFP gesê sy “het ’n uitnodiging ontvang, maar kan nie haar skedule verander om hier (in Rabat) uit te kom nie”.

Caster Semenya voorverlede week ná haar sege in die 800 m in Doha. Foto: Getty Images

Semenya was volgens berigte woedend toe einste Blondel vroeg in die week gesê het sy kan nie in Rabat hardloop nie. Dít ondanks die feit dat sy weer op enige plek ter wêreld mag hardloop, hangende haar nuwe hofsaak teen wêreldatletiek se moederliggaam, die IAAF, en sy testosteroon-regulasies.

Nadat sy by monde van haar prokureur ’n verduideliking geëis het, het Blondel ’n ommeswaai gemaak en Vrydag ’n uitnodiging aan haar uitgereik.

Net twee dae voor die byeenkoms was dit egter te laat vir haar om in Noord-Afrika uit te kom.

Semenya se afwesigheid in Marokko is die jongste drama in haar stryd om nie weens haar natuurlik hoë testosteroonvlakke van die wêreld se atletiekbane weggehou te word nie.

Danksy haar hangende saak by die Switserse hooggeregshof, waarin sy appelleer teen die Internasionale Hof van Sportarbitrasie se besluit dat die IAAF sy regulasies mag toepas, is sy tans die enigste sogenaamde DSD-atleet (die groep wat daardeur geraak word) wat sonder die gebruik van testosteroon-onderdrukkers mag deelneem.

Die IAAF het Woensdag ’n dringende aansoek by dié hof ingedien dat Semen­ya nie mag deelneem tot die saak afgehandel is nie, maar is die middelvinger deur die Switsers gewys.

Meer oor:  Diamantliga-Byeenkoms  |  Caster Semenya  |  Rabat  |  Marokko
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.