Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Caster: ‘Vroue ondersteun my nie’

Die tweemalige Olimpiese 800 m-kampioen Caster Semenya sê dit het nog nooit vir haar gevoel asof sy die steun van ander sportvroue geniet nie.

Die Suid-Afrikaner is sedert 2018 in ’n stryd met die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) gewikkel, wat haar en ander vroueatlete met natuurlike hoë testosteroonvlakke probeer verhoed om aan nommers tussen die 400 m en die myl deel te neem.

Caster Semenya praat oor haar stryd teen die IAAF tydens ’n vrouekonferensie Woensdag in Johannesburg. Foto: Reuters

Sy sal nie in September die geleentheid kry om haar wêreldtitel in die 800 m, wat sy in 2017 in Londen verower het, op die Wêreldkampioenskap in Doha, Katar, te verdedig nie.

Dit volg nadat die Switserse federale hooggeregshof sy beslissing omgekeer het waarvolgens Semenya kan meeding terwyl die appèlsaak teen die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) se beslissing in die guns van die IAAF se regulasies afgehandel word.

“Sedert ek in sport is, het ek nog nie regtig gevoel of ek ondersteuning kry nie. Ek het nog nooit gevoel of ek erkenning by vroue kry nie,” het Semenya tydens ’n vrouekonferensie in Johannesburg gesê waar sy as hoofspreker opgetree het.

Hoewel die IAAF steun vir sy regulasies gekry het by heelwat huidige en voormalige atlete, het die besluit om vroueatlete te dwing om hul testosteroonvlakke met medisyne te verlaag, ook kritiek van veral menseregte- en gender-organisasies uitgelok.

Die Verenigde Nasies se raad vir menseregte het dit veral duidelik gemaak dat hy voel Semenya word ingedoen.

Semenya sê sy grond haar mening oor die stief behandeling van ander sportvroue op haar ervarings op die internasionale verhoog.

“Ek dink dis veral op die internasionale verhoog wanneer jy sien jou teenstanders kom met dié . . . wat kan ek dit noem . . . dié onbeskofte reaksies teenoor my wat teen hulle meeding,” het Semenya bygevoeg.

Die Britse langasem Lynsey Sharp het in Mei gesê dat sy doodsdreigemente ontvang het nadat sy teen Semenya uitgevaar het in die verlede.

Wie my ook al wil keer om te hardloop, sal my van die baan af moet dra.

Dié Suid-Afrikaner, wat met luide applous verwelkom is op die konferensie, sê dat sy haarself steeds as ’n middelafstandatleet ag.

“Wie my ook al wil keer om te hardloop, sal my van die baan af moet dra,” het sy bygevoeg.

Sy sê dat sy nog nie ’n finale besluit geneem het oor of sy op langer afstande soos die 3 000 m of 5 000 m sal fokus om steeds te kan deelneem nie en of sy dalk selfs ’n ander sport sal probeer.

“Wat die oorskuif na ’n ander nommer betref, het ek nog niks besluit nie. Ek beskou myself steeds as ’n middelafstandatleet,” het Semenya gesê. 

– Reuters

Meer oor:  Atletiek  |  Iaaf  |  Asa  |  Caster Semenya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.