Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Coleman ontken gerugte oor opkikkers
Christian ColemanFoto: Getty Images

Die Amerikaanse naelloper sê berigte dat hy opkikkertoetse probeer ontduik het, is onwaar, en hy sal volgende maand by die Wêreldbyeenkoms aantree.

Britse koerante het die naweek berig dat hy die afgelope 12 maande drie agtereenvolgende toetse vir die gebruik van verbode middels misgeloop het.

Die Amerikaanse agentskap teen verbode middels (Usada) het hom aangekla dat hy reëls teen opkikkers oortree het deur hom nie beskikbaar te stel nie.

Usada sê hy het twee keer probeer om Coleman in die hande te kry vir ’n toets en die derde poging was deur atletiek se integriteitseenheid.

“Ek is nie iemand wat enige aanvullings of opkikkers gebruik nie, so ek is nie bekommerd om ’n opkikkertoets te ondergaan nie,” sê Coleman.

Coleman (23) is die wêreld- en Olimpiese kampioen in die 100 m.

“Dit is eenvoudig nie waar nie,” sê Coleman.

“Ek glo die verhoor op 4 September sal sake regstel en ek sal aan die Wêreldbyeenkoms in Doha, Katar, deelneem.

“Ek sal daarna enige vrae kan antwoord, maar vir nou respekteer ek die proses.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.