Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Comrades-atlete hou SA se naam hoog

Bongmusa Mthembu, die Comrades-kampioen, het Saterdag die bronsmedalje op die Wêreldkampioenskap-wedloop oor 100 km in Sveti, Kroasië, verower, terwyl sowel die mans as vroue silwer in hul onderskeie spankompetisies verower het.

Japan se Hideaki Jamautsji, die wenner en Bongmusa Mthembu (derde), die Comrades-kampioen, hardloop skouer aan skouer tydens die Wêreldkampioenskap-wedloop oor 100 km in Kroasië.Foto: I Run Far

Met 7,5 km oor het Mthembu – wat twee jaar gelede, toe die wedloop Spanje aangebied is, tweede was – nog voor gehardloop. 

Hy moes egter toekyk hoe Japan se Hideaki Jamautsji uiteindelik in 6 uur, 28 minute en 5 sekondes eerste oor die eindstreep hardloop.

Nóg ’n Japanner, Gioba Takehiko, was tweede in 6:32:51, met Mthembu, wat in ’n stadium ’n voorsprong van meer as anderhalfminuut gehad het, derde in 6:33:47.

Mthembu het twee jaar gelede in die wedloop in Spanje die SA rekord van 6:24:05 opgestel.

Dit het in ’n stadium Saterdag – voordat die driemalige Comrades-wenner se petrol net drie maande ná die moordende Comrades opgeraak het – gelyk of hy dié tyd sou oortref.

Thuso Mosiea (14de, 6:59:00) in sy debuut-100 km-wedloop, en Best Ngwenya (16de; 7:01:02) het die silwermedalje in die spanafdeling vir mans vir Suid-Afrika verower.

In die afdeling vir vroue het die Comrades-gouemedaljewenner Salome Cooper sewende geëindig in 7:51:13. Kroasië se Nikolina Sustic (7:20:34) was die eerste vrou oor die eindstreep.

Fikile Mbuthuma (14de; 7:59:17) en Lisa Collett (19de; 8:06:14) het gehelp om ook in dié spankompetisie die silwermedalje vir Suid-Afrika te verower.

Ann Ashworth, wat vanjaar die afdeling vir vroue in die Comrades gewen het, Gerda Steyn, die naaswenner, en Charné Bosman, die Comrades-kampioen van 2016, was nie vir die wedloop beskikbaar nie.

Nick Bester, Comrades-kampioen in 1991, was die span se afrigter, terwyl Lindsey Parry, die amptelike Comrades-afrigter, ’n spanbestuurder was.

Meer oor:  Kroasië  |  Bongmusa Mthembu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.