Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Covid-19 eis ook die Boston-marathon

Die Boston-marathon is die eerste keer in sy bestaan van 123 jaar gekanselleer.

Die Boston-marathon sal nie meer vanjaar plaasvind nie. Foto: Getty Images

Dié wedloop was aanvanklik vir April geskeduleer, maar is toe tot September uitgestel voordat organiseerders Donderdagaand aangekondig het dis finaal vir 2020 weens die Covid-19-pandemie van die baan.

Die wedloop, wat sedert 1897 jaarliks gehou word, is een van die wêreld se voorste marathons en lok gewoonlik meer as 30 000 deelnemers van oor die wêreld heen.

“Ons eerste prioriteit bly steeds die veiligheid van die gemeenskap, sowel as ons personeel, deelnemers, toeskouers en ondersteuners,” het Tom Grilk, uitvoerende hoof van die Boston-atletiekvereniging wat vir die bestuur van die wedloop verantwoordelik is, in ’n verklaring gesê.

Marty Walsh, Boston se burgemeester, sê op Twitter die wedloop, wat almal van Olimpiese atlete tot amateurs lok, is nie vanjaar haalbaar nie.

“Waar ons doel en ons hoop is om vordering te maak wat die bekamping van die virus betref en om die ekonomie te help herstel, sal hierdie tipe byeenkoms nie op 14 September of enige ander tyd vanjaar verantwoordelik of realisties wees nie,” sê Walsh.

Dié wedloop oor 42,2 km, wat by Hopkinton begin en in Boston se middestad eindig, is die eerste van die wêreld se groot marathons wat weens die viruspandemie afgestel word.

Die Tokio-marathon het op 1 Maart plaasgevind, met net beroepsatlete wat deelgeneem het, terwyl die Londen-marathon tot 4 Oktober uitgestel is.

Die status van die Berlyn-marathon, wat nie meer in September sal plaasvind nie, is nog in onsekerheid gehul. Die organiseerders van dié wedloop, wat gereeld die vinnigste wêreldtye in marathons oplewer, het nog nie aangedui of dit verder uitgestel of ook afgestel gaan word nie.

Die Chicago-marathon en die New York-marathon het nog geen veranderinge aangedui aan hul geskeduleerde datums in onderskeidelik Oktober en November nie.

Die Boston-marathon in 2021 is tans geskeduleer vir 19 April. – Reuters

Meer oor:  Atletiek  |  Covid-19-Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.