Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Covid-gevalle kelder Parys-marathon
Die Parys-marathon in Frankryk is geskrap nadat dié land weer ’n toename in Covid-19-gevalle ervaar. Foto: Getty Images

Vanjaar se Parys-marathon is gekanselleer nadat Covid-19-gevalle in Frankryk weer opgevlam het.

Organiseerders het die aankondiging op Twitter gemaak.

“Die Schneider Electric Marathon de Paris 2020 is gekanselleer. Sien julle in 2021,” sê organiseerders in ’n kort plasing.

Dié gewilde wedloop was geskeduleer om op 15 November plaas te vind.

Parys het die afgelope paar weke daagliks ’n gemiddeld van nagenoeg 400 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, met die regering wat die dra van maskers in besige gebiede vanaf Maandag weer verpligtend vir inwoners ouer as 11 jaar gemaak het. Dié maatreël volg nadat die meeste nuwe infeksies by mense van tussen 20 en 30 jaar oud voorgekom het.

In 2019 het meer as 49 000 mense aan die Parys-marathon deelgeneem.

Meer oor:  Frankryk  |  Padwedlope  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.