Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Dagga dalk van verbode-lys verwyder

Die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) het ’n adviesraad aangestel om te kyk of dagga verwyder moet word van die lys van verbode middels.

Die Amerikaanse naelloop-ster Sha’Carri Richardson sê sy het dagga gerook om te help om die dood van haar ma te verwerk. Foto: Getty Images

Die kwessie van atlete wat dagga gebruik, is in die kollig nadat die Amerikaanse naelloop-ster Sha’Carri Richardson die Tokio-Spele misgeloop het omdat sy positief getoets is vir die gebruik daarvan.

Volgens Wada sal dié wetenskaplike oorsig volgende jaar begin. Wada het ook bevestig die gebruik van dagga word tans tydens mededinging verbied en dieselfde sal geld vir die duur van 2022.

Richardson is in Junie op die Amerikaanse proewe positief getoets vir ’n chemikalie wat in dagga voorkom.

Haar uitslae op die proewe is dus geskrap en sy is ook vir ’n maand geskors.

Die 21-jarige atleet, wat as ’n top-aanspraakmaker in die 100 m in Tokio beskou is, het destyds gesê sy het dagga gerook om haar te help om die dood van haar ma te verwerk.

Haar skorsing is uit verskeie oorde gekritiseer. Mense het vir haar simpatie getoon en ’n beroep gedoen dat die reëls rakende die gebruik van dagga hersien moet word. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Wada  |  Sha’Carri Richardson  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.