Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Rusland hét program met opkikkers gehad

Die wêreldagentskap teen verbode middels in sport (Wada) sê hulle het ’n databasis bekom wat bevestig dat die McLaren-verslag, wat bevind het dat meer as 1 000 Russiese sportlui voordeel getrek het uit ’n staatsgesteunde opkikkerprogram tussen 2012 en 2015, inderdaad akkuraat is.

Craig Reedie, Wada se president.Foto: Getty Images

Die verslag het daartoe gelei dat Rusland se atlete verbied is om aan die 2016- Olimpiese Spele in Rio de Janeiro deel te neem en het die meeste van die land se atlete ook uit die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreldkampioenskap van 2017 in Londen gehou. Net sommige atlete wat genoegsame bewys kon lewer dat hulle nie voordeel uit die program getrek het nie, is wel toegelaat om as neutrale atlete in Londen deel te neem.

Rusland hou steeds hul asem op oor of hulle in Februarie aan die 2018-Winterspele in Pjongjang in Suid-Korea sal mag deelneem.

Volgens Wada is hulle nog besig om die inligting van die databasis te ontleed, maar dat dit ook aan die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gegee sal word in verband met twee aparte ondersoeke oor die gebruik van verbode middels in Rusland.

Die databasis bevat onder meer inligting van toetse wat tussen 2012 en 2015 in die Moskou-laboratorium uitgevoer is.

Wada sê in ’n verklaring deur die nuwe inligting met die McLaren-verslag te vergelyk, het dit hul bevindinge bevestig wat in Desember 2016 gemaak is.

“Wada staan by die bevindinge van die onafhanklike agentskap se McLaren-ondersoek,” sê Craig Reedie, Wada-president.

“Die nuwe inligting bevestig die vorige inligting en vereis dat Russiese owerhede in die openbaar die uitkoms aanvaar sodat ons almal vorentoe kan beweeg om die publiek se vertroue te herwin en ook selfvertroue in Russiese sport terug te sit.”

Wada se raadslede sal Woensdag en Donderdag in Suid-Korea vergader, en die IOK sal op 5 Desember ’n besluit oor Rusland se deelname aan die 2018-Winterspele afhandel.

Die kans is egter goed dat die Russe steeds verbied sal word om deel te neem. – Reuters

Meer oor:  Atletiek  |  Verbode Middels  |  Iaaf  |  Iok  |  Wada  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.