Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Diamantliga-reeks nie vanjaar in Rome

Die Diamantliga-reeks se vyfde ronde sal nie vanjaar weer in Rome aangebied word nie.

Noah Lyles, Michael Norman (albei VSA) en Filippo Tortu (Italië) spook in Junie 2019 sake uit in die 200 m by die Diamantliga-reeks se byeenkoms in Rome. Foto: Getty Images

Die Italiaanse Atletiekfederasie het Vrydag aangekondig dat die byeenkoms, wat nog verlede jaar in die Italiaanse hoofstad gehou is, gaan nou in Napels in die suide van die land gehou word.

Die byeenkoms sal op 28 Mei in die San Paolo-stadion gehou word omdat die Olimpiese stadion in Rome weens die Europese Kampioenskap onbeskikbaar sal wees.

Die San Paolo-stadion is onlangs opgegradeer vir die Studentespele in 2019 en kan tot 55 000 toeskouers huisves.

Die Diamantliga-reeks is net in 1988 (Verona), 1989 (Pescara) en in 1990 (Bologna) nie in Rome gehou nie. Dit was destyds omdat die Olimpiese stadion onder konstruksie was ter voorbereiding vir die 1990 Fifa-wêreldbekertoernooi.

Die byeenkoms in Napels sal bestaan uit die mans se 100, 400, 3 000, hoogspring en gewigstoot, terwyl die vroue sal aantree in die 100-hekkies, 1 500, paalspring, verspring en spiesgooi.

“Van die groot uitdagings wat ons moes aanpak om te verseker dat ons aan die standaarde van die Diamantliga voldoen, is die opgradering van die beligtingstelsel, die uitbreiding van die medialosie en die verwydering van groot dele van die reling wat om die baan was,” het die Italiaanse Atletiekfederasie in ’n verklaring gesê.

Die byeenkoms sou aanvanklik na Milaan geskuif het, maar vrese dat opgraderings aan die Milan Arena nie betyds voltooi sou wees nie, het die munisipaliteite laat instem om eerder op Napels se knoppie te druk.

Daar sal wel planne beraam word om in die nabye toekoms weer groot atletiekbyeenkomste in Milaan te hou.

Die Diamantliga-reeks begin op 17 April in Doha met atlete wat 11 rondes in dié reeks sal hê om seker te maak hul peil is reg voordat die eerste skote by die Olimpiese Spele op 24 Julie in Tokio klap. – Sportredaksie

Meer oor:  Rome  |  Diamantliga-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.