Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Dokters tevrede met Wayde se vordering

Hulle is baie tevrede met Wayde van Niekerk se vordering die afgelope drie maande, maar sal eers moet sien hoe sy knie reageer wanneer hy baanwerk doen.

Wayde van Niekerk en die voormalige Brasiliaanse renjaer Felipe Massa. Foto: Twitter

Só sê dr. Louis Holtzhausen, voormalige spandokter van die Cheetahs en die nasionale Olimpiese span, wat deesdae in die Aspetar-hospitaal in Doha, Katar werk.

Hy is ’n lid van die span medici wat daar na die Olimpiese en wêreldkampioen in die 400 meter omsien.

Van Niekerk het in Oktober verlede jaar ligamente in sy knie geskeur in ’n raakrugbywedstryd in Kaapstad wat ’n voorwedstryd vir die toets tussen die Springbokke en All Blacks was.

Hy het kort ná sy besering op Nuweland ’n operasie in Amerika ondergaan.

“Ons is baie tevrede met sy vordering, veral oor die laaste drie maande, meestal te danke aan sy span in Bloemfontein,” sê Holtzhausen

“Ons het verlede week hier kinematiese toetse op hom gedoen wat wys dat hy gereed is om geleidelik met baanwerk te begin.

“Die volgende fase sluit in om sy terugkeer saam met Tannie Ans (Botha, sy afrigter) te beplan en bestuur. Die plan is op koers, maar daar is nog ’n lang pad voor.”

Holtzhausen sê daar kan nog nie gesê word na watter byeenkoms Van Niekerk mik om terug te keer nie, maar hulle behoort binne die volgende paar maande ’n aanduiding te hê wanneer hy daarvoor begin oefen.

“Ons sal eers moet sien hoe hanteer sy knie die baan om te weet hoe vinnig hy sal kan voorberei. Ons sal dit binne die volgende twee maande weet.”

Van Niekerk (26) het Donderdag op Twitter gesê dat sy eerste dag van hardloop “pynloos” was.

Botha, het gesê hy sal teen die middel van September terugkeer uit Katar en sal eers weer begin oefen as sy die mediese verslae bestudeer het en 100% seker is dat hy reg is.

Die vinnigste man om ’n atletiekbaan het die naweek ’n aanduiding gekry hoe vinnig ’n Formule Een-renmotor is.

Van Niekerk het die Italiaanse Grand Prix by Monza bygewoon.

Hy was vergesel deur sy vrou en van sy mede Suid-Afrikaanse atlete Akani Simbine en Ruswahl Samaai.

Die goue seun van Suid-Afrikaanse atletiek pryk op ’n foto op Twitter ook saam met die voormalige Brasiliaanse renjaer Felipe Massa.

Monza ???? When dreams meets reality.

A post shared by Wayde van Niekerk (@waydedreamer) on

Meer oor:  Ans Botha  |  Wayde Van Niekerk  |  Doha  |  Besering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.