Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Drawwers sal moet vasbyt

Wanneer dit by taaiheid kom, kan min roetes by die bergpaadjies van die Springbok-Vasbytwedloop kers vashou. Die wedloop word jaarliks in die natuurreservaat rondom die Voortrekkermonument aangebied en bied ’n asemrowende uitsig oor Pretoria.

Dapper deelnemers tree teen die voet van die monument aan vir ’n gewyde seremonie met toesprake oor gevalle Suid-Afrikaanse oorlogshelde, oomblikke van stilte en die klanke van ’n eensame trompet wat die vreesaanjaende stryd wat voorlê, beklemtoon. Die verbyvlug van 80 jaar oue Harvard-vliegtuie word deur die saluut van oudgeneraals begroet voordat die atmosfeer van re­spek en eerbetoon met die knal van ’n kanonskoot onderbreek word om die begin van die wedloop aan te dui.

Aan bulte het die wedloop g’n tekort nie, sommige so steil dat selfs gesoute drawwers dit moet uitstap. Atlete word met die klanke van ’n doedelsakorkes aangemoedig, en die wedloop is veral bekend vir die kameraadskap tussen deel­nemers. Wanneer ’n moeë stryder uiteind­elik by die eindpunt in die amfiteater opdaag, word hy met vrolike musiek en die reuk van ontbyt begroet voordat ’n unieke medalje om sy nek gehang word.

Die wegspring is Saterdag om 07:30 en atlete kan kies tussen afstande van 5 km, 10 km of die monsteragtige 25 km.

Kontak Leon Bezuidenhout van die Voortrekkermonument-atletiekklub by 071 405 5588 of leon@mboneni.co.za.

  • Stuur hardloop- en stapnuus na gobey@telkomsa.net.
Meer oor:  Pretoria  |  Voortrekkermonument  |  Draf  |  Wedloop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.