Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Drie in ’n ry vir Keniaan Morris Gachaga
Die Keniaanse kampioen Morris Gachaga. oor.Foto: Tobias Ginsberg

Daar was Sondagoggend kwaai mededinging tussen Keniaanse en Ugandese atlete in twee opwindende wedlope in die OneRun-padwedloop oor 12 km in Kaapstad.

Morris Gachaga van Kenia en Abdallah Mande van Uganda het die laaste paar kilometer in die middestad sy aan sy gehardloop, maar niks of niemand kon Gachaga keer om sy driekuns te behaal nie.

Hy het aan die bopunt van Breëstraat die wensaluut begin gee en ’n mens het amper gedink hy het te vroeg begin feesvier.

Maar hy het met ’n laaste versnelling sy derde agtereenvolgende titel verower in ’n wentyd van 33 minute 38 sekondes en R30 000 verdien.

Hy het met ’n laaste versnelling sy derde agtereenvolgende titel verower in ’n wentyd van 33 minute 38 sekondes en R30 000 verdien.

Gachaga het skitterend gehardloop. Hy het nog onlangs aan die Parys-marathon deelgeneem en sommige kenners het gemeen sy bene sou tam wees.

Mande was tweede in 33:39 en die Suid-Afrikaner Stephen Mokoka derde in 33:50. Elroy Gelant het sesde geëindig.

Die Keniaanse vrou Brilliant Kipkoech het die roeterekord van 38:25 verbeter met ’n nuwe tyd van 38:05.

Die wedloop is in ideale, koel, mistige toestande beslis.

Stella Chesang van Uganda, wat van die beginpunt in Milnerton die pas aangegee het, het tweede geëindig in 38:09. Degitu Azamiraw van Ethiopië het derde klaargemaak in 38:11. Die Suid-Afrikaner Irvette van Zyl was vyfde in 39:22.

* Die OneRun is deel van die landwye Runyourcity-reeks. Johannesburgers kan op 24 September in hul stad hardloop en Durbaniete se beurt is op 13 Oktober. Albei die wedlope is oor 10 km.

Meer oor:  Kenia  |  Uganda  |  Kaapstad  |  Padwedlope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.