Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Barnes moet Twee Oseane woema gee
Irvette van Zyl vroeër vanjaar in aksie in die Twee Oseane-ultramarathon. Foto: Gallo Images

Debra Barnes is Vrydag as die nuwe wedloop-direkteur van die Twee Oseane-ultramarathon aangewys.

Luidens ’n verklaring deur die organiseerders, sal Barnes, wat as ’n swaargewig beskou word in die wêreld van sportbyeenkomste, in beheer van die bemarking en borgskappe vir die Twee Oseane wees.

“Debra Barnes sal 25 jaar se uitgebreide kundigheid op die gebied sportgeleentheidsbestuur, asook in die ontwikkeling van kommersiële borgskappe bring.”

Sy het reeds voorheen as die hoof van bemarking vir dié marathon opgetree.

“Haar geesdrif vir sport, sportontwikkeling en veral die meetbare sosiale invloed, is van haar grootste prestasies tot op hede.”

Rodney Maharage, die huidige voorsitter van die Twee Oseane-marathon, sê hulle is opgewonde dat Barnes weer deel van die span gaan wees. – Sportredaksie

Meer oor:  Debra Barnes  |  Kaapstad  |  Padwedlope  |  Wedloop-Direkteur  |  Ultra-Marathin  |  Twee Oseane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.