Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Farah in Junie weer op die baan

Die Brit en viermalige Olimpiese kampioen Mo Farah sal volgende maand vir die eerste keer in byna vier jaar weer op eie bodem in aksie wees op ’n atletiekbaan.

Die 38-jarige sal op 5 Junie in die Europese beker by die Universiteit van Birmingham aan die 10 000 m deelneem.

Die langasem Mo Farah wil vanjaar sy vierde Olimpiese Spele bywoon. Foto: Getty Images

Farah, wat ná 2017 se Wêreldkampioenskap eerder aan padwedlope as baanitems deelgeneem het, se visier is nou terug op ’n plek in Brittanje se Olimpiese span, as ’n baanatleet.

Die twee voorste atlete wat die kwalifiserende vereiste in elke item by die Europese beker oortref, sal in die span ingesluit word.

Farah is reeds ’n viermalige Olimpiese kampioen, met goue sukses in sowel die 5000 as 10 000 in Londen en Rio de Janeiro. Hy het daarby in 2017 sy sesde wêreldtitel verower.

Sou hy die Britse span vir Tokio haal, sal hy aan sy vierde Olimpiese Spele deelneem.

Farah het verlede jaar besluit om sy terugkeer tot die atletiekbaan te maak en in sy eerste byeenkoms, in September 2020, die een-uur wêreldrekord verbeter.

Tokio, die gasheer vir die Spele wat op 23 Julie begin, is tans in ’n staat van inperking weens stygende gevalle van die koronavirus.

• Die Diamantliga-reeks het ’n hupstoot gekry, nadat die BBC ’n nuwe kontrak geteken het om elke byeenkoms tot en met 2024 regstreeks uit te saai.

Die vierjaar-kontrak begin met dekking van die Gateshead-been van dié reeks, wat op 23 Mei gehou word.

Dit sal die eerste van 14 byeenkomste in vanjaar se Diamantliga-reeks wees.

In Brittanje sal dié reëling groot verligting bring, nadat daar verlede jaar gedreig is om die Gateshead-byeenkoms permanent te skrap omdat TV-regte nie vasgemaak kon word nie.

Dit het gevolg nadat albei sy jaarlikse byeenkomste – in Gateshead en Londen – verlede jaar gekanselleer moes word weens die Covid-19-pandemie.

Dit het veral finansiële implikasies gehad.

Sewe van die Diamantliga-reeks se byeenkomste – in Gateshead, Doha, Rome, Oslo, Stockholm, Monaco en Londen – sal voor die Tokio-Spele gehou word. Daarna sal byeenkomste in Sjanghai, Eugene, China, Lausanne, Parys en Brussel volg, voordat die eindronde op 8 en 9 September in Zürich plaasvind. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Diamantliga  |  Tokio-Spele  |  Mo Farah
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.