Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Farah soek 3de Olimpiese titel in 10 000 m
Mo Farah wil volgende jaar in Tokio sy Olimpiese titel in die 10 000 m probeer verdedig. Foto: Getty Images

Die viermalige Olimpiese kampioen Mo Farah sal net daarop fokus om sy Olimpiese 10 000 m-titel te verdedig by die Spele in Tokio in 2021 en gaan nie aan die 5 000 deelneem nie.

Die 37-jarige Brit het goud in albei dié items gewen by die Olimpiese Spele in Londen in 2012 en dit toe weer in 2016 in Rio de Janeiro vermag.

Nou gaan hy poog om die eerste atleet tot nog toe te word om drie keer agtereenvolgens goud in die 10 000 te wen.

“Ek kom nou weer op dreef en ek dink die sleutel sal wees om by een item te hou en te sien wat ek kan vermag,” het Farah aan BBC gesê.

“Ek is beslis gemotiveerd en honger vir sukses en wil nog ’n stukkie geskiedenis maak.”

Die Tokio-Spele was aanvanklik vir vanjaar geskeduleer, maar is weens die Covid-19-pandemie tot 2021 uitgestel.

Farah het vroeër dié maand ná ’n afwesigheid van drie jaar tot die atletiekbaan teruggekeer. Hy het toe die eenuur-wêreldrekord verbeter.

Farah het 21 330 m by die Diamantliga-byeenkoms in Brussel gehardloop om Haile Gebrselassie se vorige rekord, wat 13 jaar gelede in Ostrava opgestel is, met 45 m te oortref. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Mo Farah
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.