Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Goucher sê Nike moet Salazar-projek staak

Die fluitjieblaser Kara Goucher wil hê Alberto Salazar se Nike Oregon Projek (NOP) moet toegemaak word in die lig van dié Amerikaanse langafstand-afrigter se skorsing vir opkikker-verwante oortredings.

Goucher sê die NOP – ’n oefenkamp wat fokus op die ontwikkeling van atlete se uithouvermoë – “moet sluit”.

Alberto Salazar / Foto: Getty Images

Salazar, ’n voormalige marathonatleet, was die hoof van die NOP.

Hy het reeds aangedui dat hy teen die skorsing sal appelleer en Nike staan glo by hom.

“As ek Nike was, sal ek nuwe afrigters kry en wegbeweeg van dié Oregon Projek, want duidelik was Salazar se beginsels nie dieselfde as dié van skoon sport nie en ons moet van voor af begin,” het Goucher aan die BBC gesê.

“Die atlete moet die regte ding doen. Hulle moet die NOP sluit en atlete die kans gee om onder iemand anders te oefen,” sê sy.

Talle atlete wat deel van NOP was, het aan die afgelope Wêreldbyeenkoms in Doha, Katar, deelgeneem.

Salazar was Goucher se afrigter toe sy in 2007 ’n silwermedalje in die 10 000 m by die Wêreldbyeenkoms gewen het.

Sy sê bloedmonsters van Salazar se atlete moet hertoets word.

“Elke bloedtoets moet hertoets word. Dit is wat moet gebeur. Dan kan ons vasstel of enige atlete ook aangekla moet word.

Elke bloedtoets moet hertoets word. Dit is wat moet gebeur. Dan kan ons vasstel of enige atlete ook aangekla moet word.
Cara Goucher

“Ek weet daar is atlete wat niks verkeerd gedoen het nie, maar dit is die onvermydelike situasie in die geval van ’n skuldigbevinding,” sê Goucher.

Die Amerikaanse agentskap teen die gebruik van verbode middels (Usada) het Salazar vir vier jaar geskors omdat hy “opkikkergebruik georkestreer en gefasiliteer het”.

Mo Farah en Matthew Centrowitz tel onder Salazar se hoëprofiel-atlete.

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) sê hy gaan die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) om besonderhede oor Salazar se saak vra.

Goucher het in 2013 die eerste keer Salazar van ongerymdhede beskuldig. Die saak teen hom het vier jaar geduur.

– Reuters

Meer oor:  Vsa  |  Opkikkers  |  Atletiek  |  Fluitjieblaser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.