Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Gatebe wys by Loskop hy is gereed

In die 30 km wat David Gatebe Saterdag in Forever Resorts en die Middelburg-marathonklub se Loskop-wedloop oor 50 km in Mpumalanga afgelê het, het hy gewys hy sal eerskomende naweek ’n faktor wees in die Twee Oseane-wedloop oor 56 km in die Kaap.

David Gatebe hardloop vroeg Saterdagoggend in digte mis aan die buitewyke van Middelburg in Mpumalanga voor in die Loskop-wedloop. Foto: Sarel van der Walt

Die voormalige Twee Oseane- en Comrades-kampioen het gemaklik gelyk en net so sterk soos toe hy in 2013 verras en die Twee Oseane gewen het.

Die groot vraag is net of hy nie die Saterdag dalk die krane bietjie te veel oopgedraai het nie. Gelukkig vir hom het hy ophou hardloop voor die seerkry-op- en -afdraandes.

Gatebe sê hy wou aanvanklik net die eerste 25 km saamhardloop.

Hy het ’n stewige voorsprong gehad toe hy gestop het.

“Daar’s niks fout nie. Dit was net ’n oefenwedloop vir die Twee Oseane,” die 38-jarige het die Implats-atleet van Rustenburg met ’n glimlag gesê.

Nou, ja, baie atlete sou wat wou gee om op ’n oefenlopie oor 30 km teen tussen 3:09 en 3:20 per kilometer te hardloop . . . en daarna nog so vars soos ’n bries te lyk!

“Ek glo ek het ’n goeie kans in die Twee Oseane,” het hy gesê. Hy het in 2016 die Comrades gewen.

Charles Tjiani (44) Saterdag ná sy geskiedkundige vierde agtereenvolgende oorwinning in die Loskop-wedloop oor 50 km tussen Middelburg en die Loskopdam in Mpumalanga. Foto: Sarel van der Walt

Die wedloop, wat ’n uur laat begin het weens protesoptrede by Doornkop op die wedlooproete, is uiteindelik ’n geskiedkundige vierde agteenvolgende keer deur die 44-jarige Charles Tjiane (Maxed Athlete) gewen.

Sy wentyd was 2 uur, 48 minute en 55 sekondes. Dit is sowat vier minute stadiger as die voormalige Olimpiese marathon-kampioen Josiah Thugwane se rekord van 2:44:03. Daar was R100 000 vir ’n nuwe rekord op die spel.

Kagisa Matjile (Nedbank) was tweede in 2:52:23, met Mmanoko Mokwalakwala (Arcelor Mittal) derde in 2:53:23.

Die afdeling vir vroue is op ’n drafstap deur Ann Ashworth (Massmart), 2018 se Comrades-wenner, gewen. Haar wentyd was 3:24:37. Dit was haar tweede oorwinning in drie jaar. Charné Bosman, verlede jaar se wenner, het nie deelgeneem nie omdat sy ook op pad is Twee Oseane toe.

Cobie Smith (Vitality, 3:28:37) was Saterdag die naaswenner, met Ashworth se Massmart-spanmaat Renata Vosloo derde in 3:31:00.

Anne Ashworth, verlede jaar se Comrades-wenner, ná haar oorwinning Saterdag in die Loskop-wedloop. Foto: Sarel van der Walt

Ashworth, ’n Johannesburgse advokaat, het ná die wedloop na Dullstroom vertrek waar sy onder die wakende oog van John Hamlet, haar afrigter, hoog bo seevlak vir die Comrades op 9 Junie sal oefen. Gift Kelehe, ’n voormalige Comrades-wenner, is een van haar oefenmaats.

“Ek het net gemaklik gehardloop en nooit die pas gedruk nie,” sê Ashworth.

Tjiane het gesê sy oorwinning in die Loskop was nie maklik nie, maar hy is baie dankbaar dat hy geskiedenis kon maak.

“Ek was nooit oorgerus nie, want die manne agter my kán hardloop,” het hy ná die wedloop gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.