
Justin GatlinFoto: Getty Images
Amerikaners het Woensdag hul asem opgehou nadat Justin Gatlin Dinsdag, sowat drie weke voor die Wêreldkampioenskappe begin, skynbaar ’n besering opgedoen het.
Die 37-jarige Gatlin, die verdedigende wêreldkampioen in die 100 m, het mank van die baan af gestap en sy linker-bobeen vasgehou ná ’n wedloop in Zagreb in Kroasië.Hy het vierde geëindig in ’n tyd van 10.29 sekondes, terwyl sy landgenoot Michael Rodgers gewen het in 10.04.
Die BBC berig dat Gatlin rondom die 80 m-merk skielik voorgekom het of hy in pyn is, maar die wedloop steeds voltooi het.
Reuters het intussen berig dat Gatlin Woensdag ’n skandering ondergaan het wat gewys het dat sy dyspier niks makeer nie en hy behoort binne die volgende week weer te kan begin oefen.
Hy het gesê dat hy iets begin voel het en dadelik homself teen ’n potensiële besering probeer beskerm het.
Renaldo Nehemiah
“Hy het gesê dat hy iets begin voel het en dadelik homself teen ’n potensiële besering probeer beskerm het,” het sy bestuurder, Renaldo Nehemiah, gesê.
“Toetse aan sy dyspier het gewys dat hy steeds 100% krag gehad het in die been en dat daar geen vergroeiings of enigiets was nie.
”Die wedloop in Zagreb was Gatlin se laaste voor die byeenkoms in Doha.Hy spog vanjaar met ’n vinnigste tyd van 9.87 en beklee tans die vierde plek op die wêreldranglys.Gatlin het vriend en vyand in 2017 in Londen verras toe hy goud by die Wêreldbyeenkoms verower het.
Gatlin was in 2004 die Olimpiese kampioen, voordat hy van 2006 tot 2010 ’n skorsing vir die gebruik van verbode middels uitgedien het. – Sportredaksie