Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Gedenkwedloop vier sy 50ste in Thaba Tshwane

Die Muller Potgieter-gedenk- wedloop wat Saterdag by die militêre sportterrein in Thaba Tshwane plaasvind, word vanjaar vir die 50ste keer aangebied.

Sedert die eerste wedloop in 1969 bring die wedloop hulde aan dié talentvolle atleet wat sy lewe op 24-jarige ouderdom in ’n tragiese motorongeluk verloor het, maar met so ’n lang tradisie het die wedloop ook sy eie geskiedenis.

Só vertel Leon Bezuidenhout, voorsitter van die Voortrekkermonument-atletiekklub en wedlooporganiseerder vir meer as ’n dekade.

Volgens Bezuidenhout is die negende weergawe van die wedloop in 1977 so byna gekanselleer omdat die skool waar die wedloop sou plaasvind op wedloopdag geweier het om swart atlete op sy terrein toe te laat.

Freddie Klein, die wedloop­organiseerder, en ander lede van die Pretoria-marathonklub moes binne etlike ure die eindpunt verskuif na die Swart­spruit-hotel wat daar naby was en op kort kennisgewing bereid was om uit te help.

Die 1977-Muller Potgieter- wedloop is waarskynlik die enigste wedloop in die Suid Afrikaanse padhardloop-geskiedenis wat by ’n hotel begin en klaargemaak het.

Volgens Leon was die Swart­spruit-hotel nog ’n hotel sonder ’n dameskroeg, met ’n toonbank van soliede hout waar slegs hardebaardmanne toegelaat is.

’n Nuwe roete is sommer met Freddie se geel Toyota Hi-Ace-bussie se odometer uitgemeet en afstandmerkers oor die roete van 25 myl (40 km) uitgesit.

Die wedloop was ’n sukses en volgens die legende is die laaste deelnemer uit die kroeg gegooi eers toe die hotel in 1996 gesluit het.

Vanjaar se weergawe van die Muller Potgieter-gedenk­wedloop begin om 06:00 in Hendrik Potgieterstraat in Thaba Tshwane en word beslis oor afstande van 21.1 km, 10 km en 5 km.

Bel Leon Bezuidenhout by 082 326 0405 vir meer besonderhede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.