Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Gelant in wolke oor 1ste Twee Oseane-titel

’n Groot las het van sy skouers afgerol, het Elroy Gelant Saterdag gesê.

Elroy Gelant wen Saterdagoggend die halfmarathon van die Twee Oseane-wedloop in Kaapstad. Foto: Gallo Images | Roger Sedres

Hy was ’n gewilde wenner van die halfmarathon by die Twee Oseane in Kaapstad.

Gelant (32) het in 1 uur drie minute 20 sekondes gewen nadat hy in 2016 en 2015 die naaswenner was.

“Dit is ’n lekker gevoel. Dit was beslis een van my doelwitte vir die jaar om die Twee Oseane te wen.”

Gelant sê hy kan nou uitsien na volgende jaar se Twee Oseane en dalk daarna mik om die roeterekord te verbeter.

Die rekord oor die huidige roete is 1:03:16 en is in 2017 deur Namakoe Nkhasi opgestel.

Jobo Khatoane van Lesotho was tweede in 1:03:30, met nog ’n Olimpiese atleet, Stephen Mokoka, derde in 1:03:36.

Gelant was verlede jaar 41ste – en die tweede Suid-Afrikaner – in die Wêreld-halfmarathon in 62:52.

Gelant is die SA rekordhouer in die 5 000 m.

Dit was beslis een van my doelwitte vir die jaar om die Twee Oseane te wen.
Elroy Gelant

Gelant sê hy het Saterdag ’n goeie wedloop gehad en sy liggaam het van die begin tot die einde goed gevoel.

“Nou wil ek goeie tye behaal in die OneRun-wedlope in Kaapstad en Durban.”

Dit vind onderskeidelik op 19 Mei en 13 Oktober plaas. Die afstand van die Durban-wedloop is 10 km.

Gelant sê hy het verlede jaar ’n breukbesering opgedoen en fokus vanjaar op korter wedlope.

“Ek wil einde van die jaar aan die 21 km in Kopenhagen, Denemarke, deelneem.”

In die vroueafdeling het die Namibiër Helalia Johannes ’n nuwe roeterekord van 1:10:29 opgestel.

Twee Zimbabwiërs het ná haar klaargemaak. Bertha Chikanga was tweede in 1:14:28 en Fortunate Chidzivo derde in 1:15:38.

Johannes het verlede jaar die Kaapstad-marathon gewen.

Die mans- en vrouewenner het elk R25 000 ontvang.

Volgende jaar se Twee Oseane sal op 11 April plaasvind.

Meer oor:  Elroy Gelant  |  Twee Oseane  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.