Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Gerda se visier is nou op Olimpiese Spele

Gerda Steyn, Bothaville se ster-atleet, mik met haar spogtye en twee goue medaljes in vanjaar se Comrades- en die Twee Oseane-marathon nou daarna om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.

Gerda Steyn draf in Central Park, New York, tydens ’n vorige besoek aan Amerika. Foto: Facebook

Steyn het vanjaar die eerste vroueatleet geword wat die Comrades se op-wedloop in minder as ses uur kon aflê en net die derde vrou nog wat die Comrades en Twee Oseane in een jaar kon wen.

Steyn was Maandag op pad na Amerika vir die New York-marathon, waar sy alles gaan insit om vir volgende jaar se Spele te kwalifiseer.

“My vorige tyd in die marathon was ’n minuut en ’n half te stadig en ek wil graag Sondag vinniger as 2:29.30 hardloop sodat ek kan kwalifiseer.”

Steyn het gesê die New York-marathon is een van die ses grootste marathons ter wêreld en die beste atlete sal Sondag deelneem.

Sy het verlede jaar 13de in die marathon geëindig.

Steyn is die enigste van Suid-Afrika se topvroueatlete wat vanjaar aan die marathon deelneem.

Jan Breytenbach, ’n gemeenskaplike kennis van Steyn en Charl Mattheus, ook ’n Comrades-wenner, het gereël dat hulle saam in Central Park gaan draf.

Mattheus woon deesdae in Amerika.

Sy glo nie dit het al gebeur dat twee Comrades-wenners saam in Central Park in New York gaan draf het nie, het Steyn gesê.

Gerda Steyn in verlede jaar se New York-marathon toe sy 13de geëindig het. Foto: www.nyrr.org
Gerda Steyn het vroeër hierdie maand ter voorbereiding vir die New York-marathon aan die Durban 10k, ’n wedloop oor tien kilometer, deelgeneem. Foto: Facebook
Gerda Steyn het haar voorbereiding vir die New York-marathon in Johannesburg en Lesotho se berge gedoen. Foto: Facebook

Volgens haar beplan sy en Mattheus, wat die Comrades in 1997 gewen het, om Donderdag of Vrydag saam deur die beroemde park te draf.

Steyn nooi Suid-Afrikaners wat in New York is om by hulle aan te sluit.

“Mense moet sosiale media dophou om te sien wanneer ons daar gaan wees en saam met ons kom draf.

“Dit is ’n baie spesiale plek om te hardloop en daar gaan die week al ’n wonderlike atmosfeer in die park heers.”

Steyn het gesê sy is goed voorberei en het haar finale voorbereiding in Suid-Afrika en Lesotho gedoen.

“Ek sien baie uit na die marathon en dit is baie lekker dat my man, Duncan Ross, ook in New York gaan wees.”

Steyn het gesê sy is nogal spyt dat sy nog nie aan die Soweto-marathon, wat ook die naweek plaasvind, kon deelneem nie.

Sy hardloop jaarliks die Comrades en Twee Oseane en dan een gewone marathon.

“Daar is so baie marathons om uit te kies maar ek hou by my besluit om net drie in ’n jaar te doen.”

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gerda Steyn  |  Bothaville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.