Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Gestrande atlete terug in SA

Die Suid-Afrikaanse atlete wat Maandag gestrand was in Praag, is veilig terug in Suid-Afrika.

Die negetal, wat in die Tsjeggiese Republiek was om Afrika in die Kontinentale Beker-byeenkoms in Ostrava te verteenwoordig, het Woensdag kort voor 10:00 by Johannesburg se O.R. Tambo-lughawe aangekom.

Die naelloper Simon Magakwe Maandag op ’n bankie in die KFC op Praag se internasionale lughawe, waar hy en agt mede-atlete vir ure gestrand was. Magakwe en sy spanmaats het Woensdag in Suid-Afrika aangekom.Foto: Facebook

Sedert die atlete Dinsdag rondom 17:00 in Praag op die vliegtuig geklim het, het alles glad verloop. Hulle het via Doha na Suid-Afrika gevlieg.

Die nege atlete moes Maandag op bankies in ’n KFC op Praag se internasionale lughawe probeer slaap, omdat die CAA, die moederliggaam van Afrika-atletiek, nagelaat het om vir hulle verblyf in die Tsjeggiese hoofstad te reël.

Hulle het uiteindelik Dinsdagoggend om 01:00 slaapplek in ’n hotel gekry.

Van die atlete het ook verlede week ’n dag later as aanvanklik beplan na die Tsjeggiese Republiek gevlieg omdat hul vlugte nie betaal was nie. Atletiek Suid-Afrika (ASA) het ingegryp en nuwe vlugte gereël, waarvoor hy die CAA om vergoeding sal vra.

Dit was die tweede keer in minder as ses weke dat Suid-Afrikaanse atlete op ’n lughawe gestrand was weens die onbeholpenheid van die CAA.

Aan die einde van Julie het atlete van oor Afrika heen vir twee dae op die vloere van Lagos se internasionale lughawe geslaap weens ’n deurmekaarspul met hul vlugte na Asaba, waar hulle aan die Afrika-kampioenskappe moes deelneem.

Die Afrika-kampioenskappe het uiteindelik ’n dag laat begin weens die reisprobleme.

Meer oor:  Atlete  |  Atletiek Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.